Twee probleemleeus verskuif
Twee probleemleeus verskuif

Twee probleemleeus verskuif

Francoise Steynberg
Die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme het gister twee probleemleeus vanaf plase wes van die Khaudum Nasionale Park na die Bwabwata Nasionale Park verskuif.


Volgens die woordvoerder van die ministerie, mnr. Romeo Muyunda, het die twee jong leeumannetjies vier beeste gevang en een perd beseer. Die twee leeus het glo vir twee weke amok op die plaasgebiede gemaak.

"Die leeus is na die noordoostelike deel van Bwabwata ver weg van gemeenskappe of nedersettings verskuif. Daar is baie koedoes, buffels en impalas vir hulle om te jag," het die woordvoerder gesê.

Een van die leeus is ook tydens die vang- en verskuiwingsoperasie onder leiding van die direkteur van parke en wildlewe, mnr. Colgar Sikopo, met 'n nekband toegerus.

Die ministerie glo dat hierdie voorkomende maatreëls sal sorg dat die leeus minder mens-leeu-konflik sal veroorsaak.

"Hierdie is nóg 'n geval wat die ministerie se toewyding tot die bewaring van ons wildspesies bewys, asook ons hulp aan ons mense," het Muyunda gesê.

Foto verskaf

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!