Twee Rehobothers wil jong meisies help
Twee boorlinge van Rehoboth staan aan die stuur van Your Pain. Your Blessing en wil 'n verskil in jong meisies se lewens maak.
Tanja Bause – Twee jong meisies van Rehoboth het in Januarie vanjaar die organisasie genaamd Your Pain. Your Blessing begin.
Hul hoofdoel is om sanitêre doekies aan meisies en vroue uit te deel wat dit nie kan bekostig nie.
Anthea van Rensburg (22) en Ma-ri Scheepers (15), beide boorlinge van Rehoboth, staan aan die stuur van sake.
“Die naam, Your Pain. Your Blessing, kom van die pyn wat 'n vrou of jong meisie moet deurgaan. Ons praat nie net van die maandelikse pyn van menstruasie nie, maar die pyn totdat sy op die ou einde geboorte skenk,” het Scheepers gesê.
“Ons wil meisies se lewens verandering. Ons wil hê dat geen meisie 'n dag van die skool af moet bly omdat sy menstrueer en nie doekies kan bekostig nie. Ons glo dat opvoeding uiters belangrik is om 'n beter toekoms, nie net vir haarself nie, maar ook vir haar familie te verseker,” het Van Rensburg gesê.
“Ons missie is om nie net doekies aan meisies te voorsien nie, maar om hulle oor menstruasie in te lig sodat hulle weet wat om te verwag wanneer hulle begin menstrueer en hulle leer om na hulself om te sien wanneer hulle menstrueer. Ons wil ook die stigma en mites rondom menstruasie afbreek,” het Scheepers gesê.
Your Pain. Your Blessing beoog om sowat 500 meisies te help. Hulle het hul eerste opname met meisies van Blok E op Rehoboth gedoen. Hulle het dieselfde dag twee pakkies doekies elk aan 60 meisies uitgedeel.
“Ons het die doekies uit ons eie sak gekoop en hoop dat ons in die toekoms meer skenkings kan ontvang en meer kan uitdeel, want die probleem is baie groter as net Blok E op Rehoboth.”
Van Rensburg en Scheepers is deur me. Zelnadia de Waal, 'n maatskaplike werker en vennoot van die organisasie, vergesel.
“Sy het van die geleentheid gebruik gemaak om die meisies bewus te maak van seksuele uitbuiting en mishandeling van vroue en kinders.”
Me. Hermine Bertolini, die stigter van Ann Pads, het hulle ook vergesel en met die meisies oor die voor- en nadele van gewone weggooibare sanitêre doekies en wasbare en herbruikbare doekies gepraat.
OPNAME
Tydens hul opname het hulle verskillende vrae aan meisies in die ouderdomsgroepe van 10 tot 13, 14 tot 17 en 18 tot 20 gevra.
Hulle het bepaal van die meisies wat aan die opname deelgeneem het, bly nie uit die skool wanneer hulle menstrueer nie, maar dat hulle wel van alternatiewe materiale en items gebruik maak om as sanitêre doekies te dien.
“Die jongste groep het nog nie alternatiewe items gebruik nie. Die meeste meisies in dié groep het ook nog nie met hul menstruasie begin nie. Sowat 50% van die middelste ouderdomsgroep het al daarvan gebruik gemaak en van die laaste groep het baie meer van die meisies alternatiewe items gebruik. Hulle maak noodgedwonge gebruik van sokkies of toiletpapier,” het Van Rensburg gesê.
Belangstellendes kan op die Facebook-blad Your Pain. Your Blessing gaan inloer. - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie