Twee ridders in ’n wit minibus
Tanja Bause – Ek en my kollega Audrey was onlangs op ’n toer deur die Suide van Namibië.
Ons was op soek na stories en advertensies, en soos gewoonlik het ons die vriendelikheid en gasvryheid van die mense in die Suide geniet.
Alles het goed verloop tot ons regteragterband sowat 40 km buite Aus gebars het. Onmiddellik ná ek die klap gehoor het en die voertuig geruk het, het ek my pa se stem in my kop gehoor.
“Haal die voet van die petrol af, moenie briek nie en hou die stuurwiel styf vas.”
So gehoor en so gedaan en ons het sonder probleme van die pad afgetrek. Ek en Audrey het uitgeklim en die gereedskap begin soek om die band te ruil. Ná alles langs die voertuig uitgepak is en ek gereed was om die spaarwiel af te haal, het ek tot my verbasing agtergekom Audrey is reeds daarmee besig.
Om ’n band te ruil, is nie juis iets wat mens verwag sulke jong vroue kan doen nie.
“My pa het my en my suster geleer,” het sy verduidelik.
“Hy het altyd gesê julle is meisies, maar dit beteken nie julle moet wag dat goed moet gebeur nie. Julle kan leer om goed vir julself te doen, en om ’n band te ruil is een van die dinge wat julle kan leer doen. Ook omdat julle meisies is en nie langs die pad gaan bly staan met ’n pap band en op hulp gaan wag nie.”
Daar was die hoop dat ons die situasie gou sou kon uitsorteer.
Die spaarwiel is uitgehaal en die stukkende band se moere effe losgemaak – en toe begin die probleme.
Die domkrag was te klein om die voertuig te lig. Ná verskeie probeerslae en domkragverskuiwings het ons besef ons kan dit eenvoudig nie regkry nie.
“Ons het alles reg en ons is so naby, dit is net die domkrag wat ons keer,” het Audrey gesê.
Ons staan in die woestyn en wag op hulp toe ons in die verte ’n wit minibus aangery sien kom.
Die bussie is toe ’n toerbus vol toeriste. Ons het hulle om verskoning gevra dat ons hul toer omverwerp en of ons gou hul domkrag kan leen.
Die volgende oomblik staan die busbestuurder en een van die toeriste, ’n man van Oostenryk, met ’n domkrag in die hand langs ons voertuig.
Woeps-waps is die hidrouliese domkrag ingespan en die band deur ons twee ridders uit die wit minibussie geruil.
As dit nie vir die domkrag was nie, was ek en Audrey al lankal op pad danksy ons pa’s wat ons nie net geleer het hoe om ’n voertuig te hanteer sou ’n band bars nie, maar ook hoe om ’n band te ruil.
Ek het weer eens gesien hoe belangrik so iets is – veral in ’n land soos Namibië waar die paaie lank is en nie noodwendig baie verkeer het nie.
Ons was gelukkig die band het nie tussen Helmeringhausen en Aus gebars nie, want dan het ons die nag dalk in ’n voertuig deurgebring.
My wens is dat pa’s hul dogters leer om bande te ruil, ’n muurprop se kabels te koppel, ’n gloeilamp en selfs ’n wasser te vervang.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie