Twee seders val in vergange rugby se vleilande
Taai, taaier, taaierer . . .
Die strofe op die kassie roep ou herinneringe van die vergange rugby van Suidwes-Afrika op met die dood wat binne dae twee keer aan die kleedkamerdeur kom klop het. Eers was daar die tyding van Piet Greeff in Suid-Afrika. Toe kom die tyding dat Doug Jeffery ook gegroet het. Harde manne dié, Piet Greeff as afrigter en Doug Jeffery as speler.
Eers ''n ietsie oor Piet Greeff, ''n afrigter tydens die merkwaardige opkoms van rugby in die vorige eeu. Volgens ''n tyding het die dood in die Wes-Kaapland ingetree en was Piet Greeff reeds in sy tagtigerjare. Van die merkwaardige afrigter is kennis geneem toe Gobabis-rugby uit die bloute ''n groot oplewing getoon het. Sommer ''n paar sleutelspelers vir die nasionale span het hier uit die Ooste op die voorgrond getree. ''n Fynkyk het uitgewys dat dit die afrigter, hierdie Piet Greeff, se werk is. Hy het geweet hoe om veral ''n voorspeler tot ''n rateltaaiheid af te rig.
Oor hom het dr. Gerrit Pool, eens ''n gereelde losskakel van Suidwes-Afrika en in latere jare ''n Bolander, met sy dood op skrif gegaan. ''n Gedissiplineerde afrigter wat dieselfde van sy spelers verwag het, het Pool geskryf. Hy het spelers gebou om selfs bo hul vermoëns te speel. ''n Goeie strateeg wat insette van spelers gekry het. Soos in sy beroep as landdros was sy werketiek op die gebied van sport een van sy kenmerke. So vertel Pool oor die man wat snags teen die agtergrond van klassieke musiek gewerk het.
Terwyl nog deur die vae bladsye van onthou geblaai was, val daar toe nog ''n seder in rugby. Doug Jeffery is dood. Jeffery (61) was vanaf 1984 tot 1989 een van die groot invloede in die skouspelagtige opgang van die destydse Suidwes-span in die hoogste Suid-Afrikaanse rugbykompetisies. Jeffery het 26 wedstryde vir die Vrystaat gespeel voordat hy vir die Oostelike Provinsie uitgedraf het. In 1980 was hy een van die Junior Springbokke se vleuels teen die toerspan van die Britse Leeus.
As sportverslaggewer is gedeel in staaltjies wat veral in wegwedstryde om die persoon van Dougie opgebou het. Een daarvan was ná ''n wegwedstryd op Nuweland in 1988. Soos maar altyd was daar die kaas- en poloniesessie ná die stryd. Die spelers het daar met ook die media gemeng. In ons kringetjie was daar so ''n valerige outjie van die WP. Hy was nie so lekker nie, so amper deurmekaar. Vra hom na wat dan skort? En hy antoord hy het hom die middag teen Dougie vasgeloop.
“Kry hy die bal, besluit ek om hom reg van voor te vat. Dis hoekom ek lyk soos wat ek lyk. Dit het vir my gevoel asof ''n trein my getrap het.”
Daar was ook die dag in Kimberley. Soos deur die jare heen was daar die hegte band tussen die Suidwesters en die Griekwas. Daarom het die Griekwas ''n bussie vir die Suidwesters se vervoer voor die motel ingetrek en die sleutel by ontvangs afgegee. Spanman soos wat Dougie was, neem hy toe die oggend as bestuurder van die bussie oor. Sommer ''n blink nuwe vuurwa van daai taai, taaier, taaierer-bloedlyn waarvoor nou reklame gemaak word. Dougie draai die sleutel, maar die masjien sprak geen sprook nie. Kan net die battery wees. Daarom vat die voorosse vas en stoot die blink koets vir die wegtrek. Om die eerste hoek en toe ''n tweede, maar net mooi niks. Voor ''n diensstasie gee Dougie oor. Hy sal eers gaan vra. Al laggend kom hy terug. Hier teen die stuurstang is ''n knoppie wat eers gedruk moet word voordat die sleutel gedraai word.
En daar gaat ons. Soos wat daar nou op Dougie se knoppie gedruk is.
En die latere dissiplinêr op Potchefstroom en later ook in Harare? Los daai! Sommer kattekwaad met ''n “smile”.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie