Twee skietspanne teen Afrika-uitdagers
Boogskiet
Tielman van Lill
Die Nasionale Boogskietprogram vir Skole (NASP) het gister sy twee spanne bekend gemaak wat die land vanaf 6 tot 8 Julie by die 2017 NASP Africa All Stars-kampioenskap in die hoofstad gaan verteenwoordig.
’n A- en B-span met sestien lede elk is gekies om hul vernuf teen Botswana, Suid-Afrika en Zimbabwe by die SKW-skietbaan in Olympia op die proef te stel.
Die B-span wat vir ontwikkeling saamgestel is, is só gekies dat ontluikende skuts die geleentheid kry om broodnodige ondervinding op te doen. Ongeveer 144 atlete sal in Julie in verskillende ouderdomsgroepe kompeteer.
Gobabis Gimnasium kan baie trots wees dat die skool spog met elf skutters wat in die twee spanne opgeneem is terwyl Walvisbaai Privaatskool vyf verteenwoordigers het. Carpe Diem Tuisskool (4), Berg-Op Akademie, Windhoek Gimnasium, Privaatskool Elnatan het elkeen drie skutters en Gekombineerde Skool Danie Joubert, St. Pauls Kollege en Community Hope School een elk.
“NASP Namibië wens almal geluk wat die paal gehaal het. Jul harde werk het vrugte afgewerp. Vir al die Namibiese instrukteurs wil ons dankie sê vir jul tyd en opoffering om die kinders só ver te kry. Ons hoop om almal met die kampioenskap by die SKW-skietbaan te sien en dat julle ons skutters sal aanspoor en met reëlings kan help,” sê NASP se woordvoerder me. Karola Woortman in ’n verklaring.
A-span: Lukas Els, Zander Els (beide Carpe Diem); Wian Lottering, Willem Lottering, Diwan Engelbrecht, Beuli Opperman en Isabel Louw (Gobabis Gimnasium); Melany Erasmus en MJ van der Westhuizen (Berg-Op); Johan van Zyl en Rassie van Zyl (Windhoek Gim); FP Scholtz, Pieter Hough, Dominique Bekker en Llewellyn de Jager (Walvisbaai PS); Zian Prinsloo (PS Elnatan).
B-span: Altus Opperman, Gerco Thirion, Mia Delport, Edward Kesslau, Leonise Husselman en Marco Smit (Gobabis Gim); Hannes Theron en Renier Els (Carpe Diem); Delron Gaoseb (CHS); Morné Visser (Windhoek Gim); Hennie Nell en Sulani Kruger (PS Elnatan). Matthew José (Berg-Op); Wian van Zyl (Danie Joubert); Le Roux Everson (Walvisbaai PS); Alana Adonis (St. Paul’s).
Die spanne sal deur De Waal Louw gelei word, met Rika Agenbach, Jeanine de Jager en Quinton Kruger as sy assistente.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie