Twee sterf op Rehoboth-pad
Vyf voertuie was in 'n ongeluk naby die Omeya-gholflandgoed betrokke.
Tanja Bause - Twee mense het Saterdag om 20:00 op die hoofpad tussen Rehoboth en Windhoek in 'n motorongeluk gesterf en nog 16 is met beserings in die hospitaal opgeneem.
Vyf voertuie, waaronder 'n vragmotor, was in dié ongeluk naby die Omeya-gholflandgoed betrokke.
Volgens 'n woordvoerder van die Namibiese polisie, hoofinspekteur Kauna Shikwambi, was drie van die voertuie van Rehoboth na Windhoek op pad. Die vragmotor en 'n sedanvoertuig het in die teenoorgestelde rigting gery.
“'n Polo wat na Windhoek onderweg was, het van agter af in 'n Cortina vasgery en 'n kettingbotsing veroorsaak. 'n Yaris wat in die teenoorgestelde rigting op pad was, het in die Polo vasgery en 'n Toyota wat agter die Polo gery het, het ook die voertuig gestamp,” het sy gesê.
Die vragmotor wat na Rehoboth onderweg was, het in die Yaris vasgery wat in daardie stadium op sy sy gelê het.
Die twee oorledenes was passasiers in die Polo. Die bestuurder en nog 'n passasier is met ernstige beserings in die hospitaal opgeneem en hul toestand is kritiek.
Die polisieondersoek duur voort en 'n saak van strafbare manslag is geopen.
In nog 'n ongeluk Saterdag het die 40-jarige mnr. Vilho Mokaxwa gesterf nadat hy beheer oor sy voertuig verloor het en dit omgeslaan het. Die ongeluk het om 15:00 in die nywerheidsgebied van Oranjemund plaasgevind.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie