Twee sussies brand dood
Augetto Graig - Twee kleutermeisies, onderskeidelik twee en vier jaar oud, het die naweek in hul ouers se slaaphut in die noorde van die land, gesterf.
Die twee sussies het in die Epinga-nedersetting in die Eenhana-distrik gewoon. Volgens die polisie se nuutste misdaadverslag word vermoed die meisies het sonder hul ouers se wete met vuur gespeel. Die ouers was tydens die voorval buite die hut en in die kombuis besig. Die sussies is geïdentifiseer as die tweejarige Victoria Tyenifilu Hedimbi en die vierjarige Maria Shangelao Hedimbi.
’n Man het Saterdag op Mariental beswyk nadat hy by ’n kroeg in die Sonop-woonbuurt deur ’n sekuriteitswag aan diens met ’n skerp voorwerp gesteek is.
Die 35-jarige André Neels is in die nek gesteek en het later dieselfde dag in die staatshospitaal op die dorp aan sy besering gesterf. Die 34-jarige sekuriteitswag is op die toneel in hegtenis geneem en sal vandag in die hof op Mariental verskyn.
In die Kuisebmond-woonbuurt op Walvisbaai is ’n 33-jarige man Vrydag gevind waar aan ’n elektriese koord in sy slaapkamer gehang het. Hedula Kangono was volgens die misdaadverslag geestesversteurd.
In Windhoek is ’n vrou in die Okur-yangawa-woonbuurt deur haar verloofde gevind, nadat sy haar met ’n elektriese koord opgehang het. Die liggaam van die 42-jarige Lilie Magano Uunona is skuins na 17:00 gevind. Volgens die misdaadverslag was die saamblypaartjie van plan om in die huwelik te tree, maar struikelblokke het tussen hulle begin ontstaan. Dit het so ver gegaan dat Uunona se verloofde ’n beskermingsbevel teen haar verkry het. Uunona het ’n selfmoordbrief agtergelaat.
’n Werker by die watersuiweringswerke by die Greenwell Matongo-woonbuurt in die hoofstad, het Saterdag omstreeks 10:25 die oorblyfsels van ’n baba se lyk gevind. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie