Twee susters en dogtertjie sterf in kettingbotsing
Drie persone het gesterf in die ongeluk tussen Usakos en Karibib waarvan ons gister ‘n video op Facebook geplaas het.
Drie ander is ernstig beseer.
Volgens die polisie word klagte van manslag asook roekelose en natalige bestuur ondersoek.
Die oorledenes is geïdentifiseer as mee. Stacey Tsuses (21), haar suster Recotha Precious Tsuses (19) en die tweejarige Naledi Mootseng, wat met haar aankoms by ‘n hospitaal in Windhoek gesterf het.
Die ongeluk het omstreeks 14:45 gebeur, sowat 10 kilometer buite Usakos.
Drie voertuie was vanaf Karibib na Usakos onderweg en die vierde – waarin die oorledenes insittendes was – in die teenoorgestelde rigting.
‘n Mazda-sedan met registrasiemerke van Oshakati het volgens die polisie skielik gestop en is van agter deur ‘n vragmotor met Walvisbaai-nommerplate gestamp, wat die sedan laat omslaan het.
Die vragmotor het tot stilstand gekom in die baan vir aankomende verkeer.
Die bestuurder van ‘n Toyota-sedan met registrasiemerke van Omaruru het uitgeswaai om nie trompop met die vragmotor te bots nie. Die voertuig het eers die pad verlaat en toe ‘n Colt-bakkie van Rehoboth sydelings getref. Die Toyota het as gevolg hiervan gerol tot in die padreserwe.
Die bestuurder, ‘n 24-jarige man, is ernstig beseer, terwyl ‘n ander 24-jarige man ligte beserings opgedoen het.
‘n Seuntjie en dogtertjie in die Mazda, onderskeidelik twee en drie jaar oud, is ook ernstig beseer. Twee mans in hierdie motor, 27 en 28 jaar oud, het ligte beserings opgedoen.
Die twee jong mans in die bakkie, ‘n 15-jarige dogter en 17-jarige seun is almal lig beseer.
Die 60-jarige vragmotorbestuurder het ongedeerd daarvan afgekom.
Volgens die polisie duur die ondersoek voort.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie