Twee transitorooftogte in een week
Tanja Bause – Transitorowers het vandeesweek in Windhoek en op Swakopmund toegeslaan terwyl veiligheidswagte besig was om kontant by sakeondernemings op te laai.
Die rooftog op Swakopmund is gefnuik en in Windhoek het die gewapende rowers met N$1,5 miljoen op die vlug geslaan.
Woensdagoggend het mans wat na bewering gewapen was probeer om ’n geldwa voor Shoprite op Swakopmund te beroof.
Volgens die Erongostreek se polisiewoordvoerder, insp. Ileni Shapumba, het sowat sewe mans die veiligheidswagte aangeval wat vroeër geld by die winkel gaan optel het. Die verdagtes het een van die geldwa se buitebande met ’n mes stukkend gesteek.
“Die bestuurder het egter baie vinnig reageer en het met die stukkende band bank toe gery,” het Shapumba gesê.
Die verdagtes het met leë hande in ’n voertuig op die vlug geslaan.
VERDAGTE IN BOEIE
Die polisie het ’n 43-jarige man in hegtenis geneem wat Maandagoggend glo by die gewapende rooftog van ’n geldwa in Windhoek betrokke was.
Vyf mans het uit ’n wit Toyota RunX-sedanvoertuig gespring, die veiligheidswagte met wapens oorweldig en N$1,5 miljoen in kontant gesteel. Altesame agt skote is tydens die rooftog van beide die verdagtes en die veiligheidswagte afgevuur. Die voorval het by die Pelican Square-inkoopsentrum in Hochland Park plaasgevind nadat die wagte geld by die winkels opgelaai het.
Vyf verdagtes is ook Woensdag ná ’n gewapende rooftog in hegtenis geneem. Die verdagtes het op 21 Julie omstreeks 12:50 ’n man by die Hakahana-diensstasie in Windhoek met vuurwapens aangehou en ’n kontanthouer met N$102 060 kontant en ’n pistool in gesteel. Die polisie het op ’n Nissan Note-sedanvoertuig beslag gelê waarmee die verdagtes op die vlug geslaan het. Hulle het ook ’n ongelisensieerde pistool gekonfiskeer wat tydens die rooftog gebruik is. - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie