Twee van vyf bluesrowers vas

Augetto Graig
Augetto Graig



Twee van die vyf mans wat verlede Vrydag die bluesmusikant Riaan Smit, die vioolspeler Luca Hart en die filmmakers van Endemic Productions, Renier de Bruyn, Laurent Hesemans en Liberty Lister Verbaan beroof het, is gevang.

Hoofinsp. Kauna Shikwambi, woordvoerder van die Namibiese polisie, het bevestig die twee skurke is Maandag om 14:00 in Okuryangava vasgetrek.

Een van die verdagtes is met een van die slagoffers se beursie betrap. Volgens Shikwambi is van die videotoerusting wat gesteel is, ter waarde van ongeveer N$500 000, teruggekry.

Die twee verdagtes sal na verwagting vandag in Windhoek se landdroshof verskyn.

Intussen is vasgestel Smit sterk goed aan en sal, as alles volgens plan verloop, vandag 'n gesig­operasie by die Mediclinic ­Stellenbosch ondergaan.

Die operasie is genoodsaak omdat hy tydens die rooftog met 'n klip in die gesig geslaan is.

Hy is ook met 'n mes in die arm gesteek, maar dié wond is by Windhoek se Medi-Clinic ­behandel.

Republikein het Maandag oor die voorval berig en die publiek om hulp gevra om die toerusting op te spoor en die rowers vas te trek.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!