Twee vas oor meubeltender
Twee vas oor meubeltender

Twee vas oor meubeltender

Tanja Bause
Die Teenkorrupsiekommissie (ACC) het twee mense in hegtenis geneem van wie een ’n werknemer by die ministerie van grondhervormings is.

Die man was in diens van die ministerie terwyl hy as konsultant vir ’n besigheid opgetree het wat deur ’n argitek aangestel is om tenders vir onder meer die verskaffing van meubels toe te ken.

Die ander een is ’n besigheidsman aan wie ’n tender onlangs toegeken is vir die verskaffing van meubels aan die nuwe kantore van die Namibiese Burgerlugvaartagentskap (NCAA).

Hulle is in hegtenis geneem omdat hulle glo saamgespan het om gemanipuleerde fakture te gebruik om te verseker die sakeman kry die tender.

Die konsultant het ’n bekende meubelwinkel vir ’n kwotasie genader, wat toe ’n kwotasie van N$4 636 160,60 uitgereik het.

Hy het toe ’n opgedrewe kwotasie van N$7 718 086 aangevra en aan die meubelwinkel verduidelik twee ander SME-besighede tender ook en hulle sal die tender ontvang, omdat hul tender laer is.

Die suksesvolle besigheid sou dan die meubels by die winkel koop en die konsultant en sakeman sou glo die profyt (van N$3 081 925,40) deel.

Die ACC is in 2017 van die saak in kennis gestel en het die ontwikkeling daarvan gemonitor.

Die twee mans is Vrydag in hegtenis geneem en sal vandag in die hof verskyn.

Ondersoek na nóg tenders vir dieselfde projek duur voort en meer inligting sal verskaf word sodra die verdagtes in die hof verskyn het.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!