Twee vas vir moord op Daniele Ferrari
Twee vas vir moord op Daniele Ferrari

Twee vas vir moord op Daniele Ferrari

Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer - Twee mans van die Havana- informele nedersetting verskyn vandag in die Windhoek-landdroshof in verband met die wrede moord op mnr. Daniele Ferrari (52). Hy is vroeg die aand van 14 Julie vanjaar by Avisdam met 'n panga en ’n mes aangeval.

Die mans van onderskeidelik 33 en 32 jaar is Maandag omstreeks 19:00 in samewerking met lede van die polisie se spesiale tak in hegtenis geneem, het adj.komm. Kauna Shikwambi, nasionale polisiewoordvoerder, gister in ’n verklaring gesê.

Dit blyk hulle was vier dae voor die gewelddadige aanval op Ferrari, by ’n ander gewapende roof by dié dam betrokke. Die vrou wie aangeval is, se selfoon is onder meer geroof.

Dit blyk haar foon is teruggevind, terwyl wyle Ferrari se beursie, horlosie en sy broek se gordel ook in die mans se besit gevind is.

Die bevelvoerder van die polisie in die Khomasstreek, komm. Joseph Shikongo, het vroeër aan Republikein gesê die ondersoek het getoon die twee mans wat hom na bewering met ’n mes en panga vermoor het, het van Avisdam af oor Farm Windhoek weswaarts in die rigting van Staatshuis gevlug.

Ferrari, wat voorheen die eienaar van Windhoek Electrics was, se dood het skokgolwe deur die gemeenskap gestuur. Hy was ’n geliefde en gerespekteerder figuur in die bou- en konstruksiebedryf.

“Die polisie wil alle wetsgehoorsame burgers bedank vir inligting wat sedert die voorval aangemeld is, met die ondersoekers saamgewerk en inligting verskaf het wat tot hul inhegtenisneming gelei het,” het Shikwambi gesê. - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!