Twee verdagtes van transito-rooftog op Okahandja vas
Twee verdagtes van transito-rooftog op Okahandja vas

Twee verdagtes van transito-rooftog op Okahandja vas

Francoise Steynberg
Twee verdagtes in die transito-rooftog van N$900 000 kontant verlede Dinsdag op Okahandja is gisteraand in Windhoek in hegtenis geneem.

Volgens ‘n woordvoerder van die Namibiese polisie, hoofinsp. Kauna Shikwambi, is die twee verdagtes vas ná goeie samewerking tussen speurders van die Khomas- en Otjozundjupastreek.

“Die verdagtes is na die Okahandja-polisiekantoor geneem,” het Shikwambi gesê.

Die transito-rooftog het verlede Dinsdag omstreeks 16:40 plaasgevind toe ‘n ongewapende sekuriteitswag die kontant in ‘n geldtrommel vanaf die Standard Bank in die Okahandja-inkoopsentrum na die bank se tak in die dorp wou vervoer.

Volgens Shikwambi is die geld nog nie teruggevind nie. Die polisieondersoek duur voort.

In ‘n ander gewapende rooftog-voorval wat gister in Katutura by die Shoprite Usave-winkel plaasgevind het waartydens twee vermeende rowers deur die polisie gewond is, het Shikwambi bevestig dat een van hulle gistermiddag aan sy skietwonde in die Katutura-staatshospitaal beswyk het.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!