Twee verdagtes van transitoroof vry
Tanja Bause
'n Man en 'n vrou wat by Maandag se transitoroof in Windhoek by die Westlane Lifestyle-sentrum betrek is, is ná ondervraging deur die polisie vrygelaat.
Gewapende rowers het 'n veiligheidswag van G4S Security dié oggend van meer as N$487 000 beroof.
Dieselfde aand omstreeks 21:00 is ses mense in verband met die voorval in hegtenis geneem. Onder dié verdagtes was mnr. Milton Ndeuliikufa en me. Janey Coetzee. Foto's waar hulle saam met die ander verskyn, is wyd op sosiale media versprei vóór enige van die verdagtes in die hof verskyn het. Coetzee en Ndeuliikufa sê hulle gaan in dié stadium nie met die media praat nie. In 'n kort verklaring het hulle egter hul dankbaarheid teenoor “familie, vriende en vreemdes” uitgespreek vir die ondersteuning wat hulle ontvang het.
“Ons dank God ons kan die nagmerrie agter ons sit. Gun ons die tyd om die negatiewe en verkeerde beriggewing en aannames te verwerk,” lui die verklaring.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie