Twee verdrinkings aangemeld
Twee verdrinkings aangemeld

Twee verdrinkings aangemeld

Yandi Du Plessis
Ses onnatuurlike sterftes, insluitend twee verdrinkings, is Saterdag aangemeld.

By Onafhanklikheidstrand op ­Walvisbaai het die lyk van 'n ­12-jarige seun, wat as Clive Hefita geïdenti­fiseer is, tussen 12:00 en 15:00 ­uitgespoel. Hy het verdrink nadat hy glo saam met vriende gaan swem het.

• 'n Groep kinders wat diere opge­pas het, het afgekom op die lewe­lose liggaam van 'n man wat as mnr. Kleopas Amagulu (38) geï­dentifiseer is. Die lyk het in die rivierkanaal by die nedersetting ­Omundjalala in die Elim-kiesafdeling gedryf. ­Vermoedelik kon die oorledene ­verdrink het terwyl hy besig was om vis te vang, aangesien visnette op die toneel gevind is.

• Omstreeks 06:00 is mnr. Isaak Rooi (49) dood op sy bed aangetref. Hy het in die Soetdoringlaagte-­gebied van Stampriet gewoon. Die ­oorledene was glo siek en 'n ­nadoodse onder­soek sal uitgevoer word om die oorsaak van sy dood te bepaal.

• Die 48-jarige mnr. Henock Amunyela is omstreeks 13:00 by die Onandjokwa-­hospitaal op Onayena dood verklaar nadat hy glo in sy voertuig inme­kaar­gesak het.

• By die nedersetting Ikango in Onayena (Oshikotostreek) is me. Katrina Johannes (55) omstreeks 22:30 dood op haar bed ­aangetref. Sy was glo siek en 'n ­nadoodse ­ondersoek sal die oorsaak van haar dood bepaal.

• Omstreeks 05:00 by die neder­setting Okangwati (Kunene­streek) is die ontbinde lyk van 'n man wat as mnr. ­Rivanganavi Tjiuma (37) ­uitgeken is, ontdek deur bure wat op die geraas van blaffende en ba­kleiende honde gereageer het. 'n Nadoodse ondersoek sal gedoen word om die oorsaak van sy dood te bepaal.

Al die oorledenes se naasbestaan­des is in kennis gestel en die sterftes word verder deur die polisie ondersoek.

Kommentaar

Republikein 2025-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer