Twee vermis nu00e1 hulle uit boot val
Twee vermis nu00e1 hulle uit boot val

Twee vermis ná hulle uit boot val

Die eerste seedrama van die feesseisoen het gister op Swakopmund afgespeel.
Adolf Kaure
Adolf Kaure op Swakopmund

Twee mense is vermis nadat hulle gister glo uit ’n skiboot geval het nadat ’n groot brander dit in die see getref het.

Volgens die Namibiese polisie se bevelvoerder van die Erongostreek, komm. Andreas Nelumbu, was daar vyf bemanningslede aan boord van die skiboot O’Noi toe die voorval naby Swakopmund se Platz Am Meer-inkoopsentrum plaasgevind het.

“Daar was vyf mense ten tyde van die voorval aan boord. Met drie persone gaan dit goed, maar twee word steeds vermis,” het hy gesê.

Nelumbu het gesê die polisie soek nog na bykomende inligting oor wat presies gebeur het.

“Ons probeer om meer inligting oor die voorval te kry, hoe dit gebeur het en wie die mense is. Ons het nog nie al die besonderhede nie.”

Volgens ’n senior lewensredder van Aquamund Academy, mnr. Erwin Gowaseb, het die boot nie omgeslaan nie, maar is deur ’n groot brander die lug in geslinger.

“Twee mense is in die proses van die boot gegooi. Hulle is nie swemmers nie en het ook nie lewensreddingsbaadjies gedra nie,” het Gowaseb gesê.

“Die boot het na die strand teruggevaar waar drie persone afgeklim het.”

Volgens Nelumbu sou die reddingspoging gister voortduur om na die twee vermiste bemanningslede te soek.

“Ek wil nie vir die slegste hoop nie, maar dit lyk nie goed nie,” het hy gesê.

Die drie mense wat gevind is, is vir skok behandel ná hulle van die boot af geklim het.

“Jy kan nie van mense verwag om vir jou deeglike inligting te gee as hulle deur so ’n beproewing is nie.”

E-Med Rescue het ook by die reddingspoging aangesluit.

Dit is die eerste voorval van hierdie aard tydens die feesseisoen by die Namibiese kus waar mense vermis op see geraak het.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!