Twee vlieu00eb met een klap by Omeya
Twee vlieu00eb met een klap by Omeya

Twee vlieë met een klap by Omeya

Gholf
Die gholfklub Omeya het laas naweek 'n suksesvolle toernooi aangebied wat tegelykertyd twee doele gedien het.

Dit was beide die eerste ronde van die Dulux Beterbalreeks, gesamentlik aangebied met die klub se laaste kwalifiserende geleentheid vir die Windhoek Lager Internasionale Parekampioenskap.

Beide is in 'n beterbal stableford-formaat gespeel.

Jaco van Reenen en Gareth Howard was die wenners met 'n uitstekende 47 punte. Tweede en derde was Len Haasbroek en Herman Mouton (wenners van die uittel), gevolg deur Adri Pienaar en Brenda Lens.

In die vierde posisie met 44 punte was Willie Prinsloo en Jaco Meuwesen.

Pryse vir die houe naaste aan die pen is deur Douglas Holtzhausen (putjie 4), Gert Lambert (putjie 7), Nieuwoudt Hendrikse (putjie 14) en Johan Steyn (putjie 17) ingepalm.

Komende naweek neem die klub 'n blaaskans te danke aan die vakansiedag, maar die baan en die klubhuis bly oop vir sosiale spelers wat vooraf bespreek.

Kommentaar

Republikein 2025-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer