Twee vriende op staaldonkies
Weens Covid-19 het Afrika half onbeplan deel van die twee Belge se reisplan geword.
Tanja Bause – Hul epiese reis om Afrika per fiets te deurkruis, het ’n blywende indruk op Koen Verstappen (35) en sy vriend Jelle Adams (29) gemaak. Die twee Belge is tans besig om Namibië, die 13de en voorlaaste Afrikaland op hul roete, te verken.
“’n Reis soos dié wat ons mee besig is, het by ons ingeprent hoe ons almal dieselfde is. Hoe ons mekaar help en vir mekaar en ons geliefdes omgee. Veral in Afrika vind ek is mense so vol hoop en gelukkig, hoewel hulle baie kere baie arm is.
“Ek het al baie deur Asië en Indië gereis en armoede gesien, maar in Afrika is dit op ’n heel ander vlak en tog glimlag die mense en is oorvloedig vol lewe. Familie, die nedersetting, die gemeenskap is vir hulle van uiterste belang. Hulle sukkel, maar tog gee hulle nie op nie. Hulle is bly om te lewe en dis ongelooflik hoe sterk die mense van Afrika is.
“Dis besonders om die mense te kan beleef en dis een van die redes waarom ek huis toe sal keer nadat ons in Kaapstad aangekom het. Ek sal terug na België vlieg en huis toe ry met my fiets en vir my oupa gaan sorg. Hy is 94 en ek gaan hom versorg vir die tyd wat hy nog oor het. Dis iets wat ek in Afrika geleer het, dat familie en die gemeenskap belangrik is het meer en meer vir my belangrik geword op die reis,” het Koen vertel.
Koen en Jelle het op 15 Junie 2020 in België op hul fietse weggetrek om om die wêreld te ry en hoewel Covid-19 verskeie strepe deur hul planne getrek het, is hulle nie van stryk gebring nie. Sedertdien het hulle reeds 19 000 kilometer en 27 lande agter die rug. Deur Afrika het hulle reeds 11 000 kilometer gery en op 29 Desember 2021 het hulle Namibië by Buitepos binnegery.
“Ons het die reis in Februarie 2020 begin beplan en in Maart was ons reg om te vertrek, maar toe het Covid-19 toegeslaan en die grense is toegemaak. Ek het reeds my werk bedank en moes van my spaargeld lewe. Die dag toe België sy grens heropen, het ons op ons fietse geklim en begin ry,” het Jelle gesê.
Hulle was gelukkig, want twee weke ná hul vertrek het die grense weer gesluit.
“Ons roete en plan was om na die Ooste te ry, reg om die wêreld en dan van die westekant af huis toe te kom. Maar weens Covid-19 was die Balkanlande gesluit en ons het Italië toe gery, waar ons vir vier maande gebly het. Ons het daar bietjie gewerk en olywe gepluk. Alles was so onseker met die oop- en toemaak van die grense. Ons het toe uiteindelik ’n veerboot gevat en is vanaf Italië na Kroasië,” het Koen vertel.
Vanaf Kroasië het hulle deur ses lande tot in Turkye se hoofstad Istanboel gevorder. Daar moes hulle ’n besluit neem.
“Ons het besluit om ons reis in Afrika voort te sit; iets wat nooit in ons planne was nie. Ons het die opsies deurgekyk en dit het voorgekom asof Covid-19 nie so erg in Afrika was nie en dat die kontinent ook die een was wat die meeste oop was. Europa en Asië was toe. Op ander kontinente was een land dalk oop en die volgende toe.
“Ons het ’n vliegtuig geklim, Kaïro toe gevlieg en besluit om deur Afrika tot in Kaapstad te ry,” het Koen gesê.
UGANDA
’n NGO, Equal Aqua Uganda, het die mans gekontak en gevra of hulle nie by hul Water Wheel projek betrokke wil raak nie.
“Hulle was op soek na mense wat met fietse ry om geld vir hul projek in te samel. Hulle vat herwinbare plastiekbottels, maak dit vol sand en bou watertenks vir skole, vroue en minderbevoorregte gemeenskappe. Ons het na die projek gaan kyk en het daarvan gehou. Ons het T-hemde ontwerp wat ons op ons webbladsy verkoop. Met die geld wat ons ingesamel het, kon hulle ’n 10 000 liter watertenk bou,” het Jelle gesê.
NAMIBIË
“Ons het dikwels in Botswana en nou ook in Namibië direk langs die pad geslaap. Met Nuwejaar was ons in Namibië langs die pad om 21:00 in ons tent aan die slaap. Dis iets wat jy nie sommer in Europa of in ander Afrikalande sal kan doen nie, dis vir seker,” het Koen gesê.
Volgens Koen het Namibië aanvanklik baie soos Botswana gelyk en het die landskap eers nader aan Windhoek met die berge en heuwels begin verander.
“Namibië is baie mooi en ek kan nie wag om meer van die land te ontdek nie. Ek dink landskapgewys moet dit ongelooflik mooi wees. Ek dink die land is een van die mees buitengewone plekke op die planeet. Die mense is uiters vriendelik. Ek het ’n gevoel hulle is goed opgelei, jy kan ’n baie goeie gesprek met hulle voer. Hulle is altyd aan die glimlag en sal jou altyd help,” het Koen gesê.
“In ander dele van Afrika en selfs in ander veral plattelandse dorpe in Europa kan jy met baie mense net ’n basiese gesprek voer. In Namibië stop mense en praat met ons of hulle bied ons slaapplek aan. Almal is net so vriendelik,” het Jelle gesê.
Die twee Belge kan beide tot ’n redelike mate Afrikaans verstaan.
“Ek dink om dit te lees, sal veel makliker wees as om te probeer luister, omdat mense so vinnig praat en die woorde tog baie verskil, maar dis vir ons baie snaaks om dit oral te sien. Dit voel soos tuis, maar tog ook nie. Dit voel soos ’n komiese weergawe van ons tuiste. Namibië is ook baie modern, met baie inkoopsentrums en winkels,” het Jelle gesê.
Die mans het daarin geslaag om hul visum tot einde Maart te verleng.
“Dertig dae was net te kort. Ons moet sowat 1 500 km deur Namibië ry voordat ons die grens na Suid-Afrika kan oorsteek. Gewoonlik ry ons gemiddeld so tussen 100 en 130 km op ’n dag, maar in Namibië is dit moeiliker met die uiterse hitte, wind en grondpaaie, dus het ons meer tyd nodig,” sê Jelle.
Hul plan is om vanaf Windhoek via Uis na Hentiesbaai te ry. Van daar ry hulle kuslangs tot in Walvisbaai en dan neem die pad hulle na Sossusvlei, die Visriviercanyon en uiteindelik tot op die grens.
“Ek kan nie wag om langs die kus te ry nie. Om die see en die duine saam te beleef, moet asemrowend wees,” het Koen gesê.
Hulle probeer om elke oggend vyfuur op te staan sodat hulle teen 06:00 op die pad kan wees.
“Dis belangrik dat ons so vroeg as moontlik begin ry, want teen 12:00 word dit ondraaglik warm en die wind begin waai,” het Jelle gesê.
Hoewel hulle nie elke oggend presies weet waar hulle daai aand gaan slaap nie, moet hulle steeds die dag en roete so deeglik as moontlik beplan.
“Ons moet beplan waar ons gaan stop. Kos kan ons maklik saamry, maar water is die probleem. Op ’n warm dag het ons tot 10 liter water nodig. Ons ry sowat agt liter saam, so ons moet beplan om by water uit te kom,” het Jelle gesê.
“Ek dink in Namibië sal daar ’n tyd kom wanneer ons voertuie sal moet stop en vir water vra, veral in die Suide omdat die afstande net te ver uitmekaar is en dit te warm word,” het Koen gesê.
Volgens hom werk dinge gewoonlik op een of ander manier vanself uit.
“Aan die begin van ons reis was ons baie bekommerd oor kos, hoe om al die water te vervoer, waar gaan ons slaap, is ons veilig, wat van leeus en olifante? Maar dit was nie nodig nie; al wat ons moet doen, is om fiets te ry, te sorg ons het genoeg kos en water en om ’n slaapplek te vind waar ons ons tent kan opslaan.
“Tot dusver het niemand ons nog ’n plek geweier as ons vra of ons ons tent mag opslaan nie,” het Jelle gesê.
Koen sê: “Dis altyd ’n baie welkome afwisseling van ons tent as iemand vir ons ’n slaapplek of ’n stort gee. Dis ook die beste manier om die plaaslike mense te leer ken, met hulle te kan sit en praat en uit te vind hoe hulle lewe en wat in hul land en lewe aangaan.
“Mense is vrygewig, vriendelik en ons het op die hele reis nog nooit bedreig gevoel nie”
“Ek het wel die mees skrikwekkende oomblik van my lewe in Kenia beleef toe ’n olifant my bestorm het. Ek moes van my fiets afspring en in die bosse inhardloop. Ek het daar draaie gehardloop totdat die olifant besluit het om op te hou en my uit te los.”
NA KAAPSTAD
Beide is oortuig dit sal ’n lonende gevoel wees om uiteindelik in Kaapstad aan te kom en reken hulle sal beslis ’n paar weke nodig hêè om net te ontspan en om terug te dink.
“Ek is besig om vir ’n werkvakansievisum vir Australië aansoek te doen. Ek is nog nie reg om terug huis tot te gaan nie, nie met Covid-19 nie, en ek is ook nog nie klaar met reis en die wêreld sien nie. Met die visum kan ek vir ’n jaar lank in Australië werk en dan sal ek hopelik Asië toe gaan en terug huis toe ry,” het Jelle gesê.
Koen sê: “Ek het nog nie my hele plan presies uitgepluis nie. Deesdae kan ’n mens eintlik ook nie te lank vooruit beplan nie en om op ’n fiets te lewe, leer jou rêrig om dag vir dag te lewe. Die plan sover is om na ’n goedkoop lughawe in Europa te vlieg en huis toe te ry om by my oupa te wees.”
STEELDONKEYZ
“In Vlaams of Nederlands, ons taal, word ’n fiets ’n Stahlesel of Stahlross genoem. Ons fietse is ons donkies en soms is ons die donkies,” het Koen gesê.
Jelle sê: “Dit was eers toe ons in Afrika begin ry het dat ons agtergekom het hoeveel donkies daar oral is, veral in Egipte, Soedan, Zambië en Botswana. Donkies is baie belangrik vir mense en hulle is afhanklik van hulle, so eintlik is die naam baie gepas.
“Ons logo is van ’n donkie op ’n fiets en die wêreld wat voor hom hang soos ’n wortel voor ’n donkie sou hang.”
Mense wat slaapplek aan die mans wil bied, hulle wil leer ken of hulle reis volg, kan so doen op Facebook of Instagram onder SteelDonkeyz.
– [email protected]
FOTO’s verskaf
Koen Verstappen en Jelle Adams wat met hul “staaldonkies” deur Afrika ry.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie