Twee vroue in hof oor vraestelle uitlek
Onderwys
Tuyeimo Haidula op Oshakati – ’n Onderwyseres en ’n student aan die Universiteit van Namibië is Woensdagaand in Windhoek in hegtenis geneem in verband met die uitlekking van vraestelle vir die eindeksamens vir graad 11 en 12 (ou leerplan).
Die twee is aangekla van die oortreding van die onderwyswet nr. 16 van 2001, artikel 77 (1)(a) (2) rakende diefstal van eksamenmateriaal, asook artikel 77 (1) (a) deur die uitlekking van Braille-vraestelle vir graad 12.
Maria Toivo (47), ’n onderwyseres by die Hoër Tegniese Skool Windhoek, was van 2007 tot nou verantwoordelik om eksamenvraestelle in Braille te vertaal. Toivo is as die hooffiguur agter die uitlekking aangekla.
Namutenya Hamukuto (26) is ’n student by Unam. Die twee het gister in die landdroshof in Windhoek verskyn en beide bly in aanhouding.
Nadat die vraestelle aan die begin van Desember uitgelek het, sal vyf van die betrokke vakke se eksamens volgende jaar oorgeskryf moet word.
Clementine Tsumis-Garises, direkteur van nasionale eksamens en evaluering, wat namens die ministerie van onderwys as die klaer optree, sê hierdie is die ergste geval van gelekte eksamenmateriaal tot op datum.
Die geraakte vakke vir graad 12 gewone vlak is Engels Tweede Taal vraestel 1 (kernmateriaal) en vraestel 2 (uitgebreid), geskiedenis, landbou, ontwikkelingstudies en biologie, asook die nuwe graad 11 se gewonevlak Engels Tweede Taal, Afrikaans, biologie, wiskunde, fisika, chemie, entrepreneurskap, besigheidstudies, landbou, Oshikwanyama en Oshindonga.
Die uitlekking lei noodgedwonge tot ’n vertraging in die bekendmakeing van uitslae vir graad 11 en 12, sê die ministerie, wat verder ook die hervatting van klasse vir leerders op gevorderde vlak (AS) volgende jaar asook vir huidige graad 10’s sal vertraag.
– [email protected]
FOTO’s Facebook
Maria Toivo (47)
Namutenya Hamukuto (26)

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie