Twee weesleeuwelpies gered
Twee weesleeuwelpies gered

Twee weesleeuwelpies gered

Francoise Steynberg
Twee leeuwelpies wat wees gelaat is toe hul ma tydens konflik met inwoners in die Anabeb-bewaringsgebied doodgeskiet is, is op 27 Mei na N/a’an ku sê verskuif.

Die leeuwyfie het in Maart vee van boere in die omgewing van Sesfontein in die Noordweste gevang.

“’n Paar dae nadat die ma doodgeskiet is, is die welpies (nou tussen agt en tien maande oud) in ’n verswakte fisieke toestand opgemerk en hulle het ook probeer om vee te vang,” lui ’n verklaring van die N/a’an ku sê-stigting.

’n Derde welpie het vermoedelik tussen die begin van April en einde Mei weens honger beswyk.

“Die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme het besluit om die oorblywende twee welpies wat toe tussen sewe en agt maande oud was, te verskuif om hul oorlewing te verseker. N/a'an ku sê het hul hulp aangebied om die ministerie te help om die welpies te vang en te verskuif.”

’n Span van N/a’an ku sê, onder leiding van hul uitvoerende direkteur, me. Marlice van Vuuren, en ’n span veeartse met behulp van natuurbewaarders van die ministerie en leeubewaarders van die Desert Lion Conservation Trust het die welpies opgespoor en verdoof.

Die twee weeswelpies, is na die TimBila-natuurreservaat by N/a’an ku sê, oos van Windhoek, vervoer. Hulle word eers in ’n boma gehou voordat hulle in ’n 25 000 hektaar omheinde reservaat vrygelaat sal word.

“Hulle kan dan by ’n nuwe trop leeus aansluit wat ook mens-dier-konflik veroorsaak het en in die reservaat vrygelaat is. Die welpies kry nou ’n tweede kans in die lewe,” lui die verklaring.

Die leeus bly die eiendom van die staat.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!