Twee wildmisdadigers gevonnis
Francoise Steynberg - Twee wildmisdadigers is verlede week gevonnis.
Isascar Gaingob is verlede Donderdag ‘n boete van N$3 000 opgelê nadat hy op 31 Augustus in die Kamanjab-distrik met nege stukke sebravleis in sy besit gevind is. Beslag is ook op ‘n .308- en .22-jaggeweer gelê.
Ook in die Kamanjab-distrik is Onesmus Immanuel op 24 Februarie met ‘n lewende skilpad in sy besit in hegtenis geneem. Hy is skuldig in die hof bevind en ‘n boete van N$1 000 opgelê.
‘n Lasbrief vir inhegtenisneming is teen twee vermeende ietermagôsmokkelaars, mnre. Erastus Shiimi Simeon en Iipumbu Tsingwalulu Kiinge, uitgereik nadat hulle versuim het om verlede Vrydag in die hof op Okahao te verskyn. Hulle was uit op borgtog rakende ‘n ou saak van Februarie verlede jaar.
Volgens die wildmisdaadverslag van 14 tot 20 September van die Namibiese polisie en die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme, is altesaam nege wildmisdaadverdagtes in hegtenis geneem en drie nuwe sake aanhangig gemaak.
Beslag is op een voertuig, drie vuurwapens, 14 ammunisie en verskeie wildprodukte gelê.
Op Ngoma is ‘n Zambiese burger, mnr. Lifasi Muchelo, en ‘n Namibiese man, Angels Lipuo Masilani, verlede Woensdag in hegtenis geneem nadat ‘n impala-karkas, Egiptiese gans, tarentaal, 'n .22-jaggeweer en 10 patrone glo in hul besit gevind is.
Mnre. Sydney Robert Mupetami, Festus Ochurub, Bonnie Neidel en Mathias Uixab is verlede Saterdag by Tsumeb glo met vier duikerkarkasse in hegtenis geneem. Beslag is op 1 elk .22- en .30-06-jaggeweer en voertuig, asook vier patrone gelê.
Twee Namibiese mans, mnre. Kaela Mushambe en Njanji Samwaka, is weer by Menias Brian Lubito glo met ‘n lechwe-karkas in hegtenis geneem.
Mnr. Pombili Migela is verlede Woensdag by Omungwelume in verband met renosterhoringsmokkelary in hegtenis geneem.
-[email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie