Tweede gesprek oor fosfaatmyn
Tweede gesprek oor fosfaatmyn

Tweede gesprek oor fosfaatmyn

Dani Booysen
Baie Namibiërs en internasionale vriende van die omgewing verwelkom soos die Economic and Social Justice Trust die besluit om ‘n omgewingsklaringsertifikaat vir die ontginning van fosfaat op die Namibiese seebodem ter syde te stel.

Minister Pohamba Shifeta het gelas dat ‘n tweede openbare konsultasieproses binne ses maande afgehandel moet word.

Hy het Namibia Marine Phosphate krediet gegee vir hul belegging in wetenskaplike ondersoeke, maar vir Shifeta was konsultasie nie wydlopend genoeg nie.

Die verwikkeling het in dieselfde week plaasgevind as ‘n beraadslaging in Windhoek oor die belang van die burgerlike samelewing se inspraak by die formulering van wetgewing en beleid en ander besluite. Dit geld nie net inspraak deur drukgroepe nie, maar Jan en San Alleman in die breedste sin van die begrip.

Sulke betrokkenheid moet nie net by menings in die media bly nie. Bestaande kanale moet benut word en inderdaad moet die jeug al op skool leer hoe om hul stemme te laat geld.

In die fosfaatkwessie het mnr. Michael Gaweseb se besware as aktivis ‘n belangrike rol gespeel – selfs al het die hof bevind die klaringsertifikaat was geldig.

Dit is positief dat die afhandeling van die fosfaatdebat op die sneltrajek geplaas is.

Alle vrese moet ronduit besweer word vóór toestemming vir ‘n vorm van mynbou waarvoor huidige en toekomstige geslagte ‘n baie duur prys kan betaal.

So sê ander

25 Junie 2018

Beeld, Die Burger en Volksblad sê

Een van die nypendste internasionale probleme is die enorme volksverhuisings wat oor die wêreld heen aan die gang is.

’n Immorele en onmenslike beleid is geen oplossing nie.

’n Benadering waarna tans aktief in Europa gestreef word, is om die vlugtelinge se nood te erken deur hulle êrens in hul eie streek byeen te bring en die gasheerland – dikwels self uiters arm – daarvoor te vergoed.

Terselfdertyd word gewerk aan volhoubare oplossings vir die vlugtelingprobleem as sodanig. Met ander woorde, sake soos oorlog, gebrekkige staatsbestuur, korrupsie, ensovoorts.

Dít is nie ’n benadering wat ’n leier met eenvoudige leuses aan sy mense kan verkoop nie. Dit is ook geen oplossing op kort termyn nie.

Die pakket kan – en hét in Europa – die druk op kort termyn verminder, maar los nie die probleem op nie. Daarvoor is geduld en gesonde verstand nodig.

• NETWERK24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!