Tweede lewe vir Reho Spa
Opknappings van meer as N$10 miljoen word aangegaan
Catherine Sasman – Die Reho-Spa, waarvan die deure reeds sedert April 2011 gesluit is en sedertdien ongebruik en in puin lê, sal na alle waarskynlikheid weer teen Desember vir die publiek oop wees.
Die voorsitter van die Rehoboth Community Trust, mnr. Ronald Kubas, het die beplande heropening van die spa bevestig.
Die trust het op 3 November verlede jaar ’n ooreenkoms met Namibia Wildlife Resorts (NWR) aangegaan waarin hulle onderneem om die spa vir ’n tydperk van 12 jaar te bestuur.
Restourasiewerk en nuwe ontwikkelings sal ’n kapitaaluitleg van meer as N$10 miljoen verg, het Kubas gesê.
In die eerste fase wat reeds begin het, word die verblyfeenhede opgeknap. In die tweede fase sal die bestaande Olimpiese grootte swembad kleiner gemaak word terwyl ’n waterpark met ’n waterglybaan en fonteine aangebring word. ’n Restaurant sal deel van die waterpark uitmaak.
Die warmwaterbronne van Rehoboth is die groot trekpleister en dus sal ’n gerestoureerde spa die gesondheidsaanbieding wees.
Reho Spa se deure is gesluit ná ’n onderneming tussen NWR en Reho Spa (Pty) Ltd. in duie gestort het. Reho Spa (Pty) Ltd. het die oord sedert Julie 2008 bestuur nadat NWR vir alle praktiese doeleindes in September 2007 openbare-private-vennootskappe met ’n handjievol Swapo-bekendes aangegaan het om sewe van sy topoorde te bestuur.
Mnr. Ralph Blaauw, ’n lid van die Swapo Jeugliga, die voormalige sekretaris-generaal van die Nasionale Jeugliga (NYC) en ’n verdagte in die Avid-skandaal, was ’n rustende vennoot in Reho Spa (Pty) Ltd. Die ander vennoot was die registrateur van die Politegnikum, mnr. Corneels Jafta.
Die ooreenkoms met NWR het blykbaar verval ná ’n munisipale rekening van meer as N$1 miljoen nie betaal is nie.
Die NWR het blykbaar intussen onderneem om dié uitstaande rekening te betaal.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie