Tweede lugmagongeluk binne enkele weke
Tweede lugmagongeluk binne enkele weke

Tweede lugmagongeluk binne enkele weke

Tunohole Mungoba
Tunohole Mungoba en Ellanie Smit
‘n F-7 vegvliegtuig van die Namibiese lugmag het vroeër vandag by die Ondangwa-lughawe neergestort.
Die weermag het joernaliste wat kort na die ongeluk by die toneel opgedaag het, beopdrag om geen foto’s te neem nie en wou ook nie enige besonderhede verstrek nie.
Die video by ons storie word deur die publiek gesirkuleer.



Insp. Thomas Aiyambo van die Oshana-streek se polisie het bevestig dat die loods beseer is en na die hospitaal afgevoer is. Geen ander beserings is gerapporteer nie.
Volgens mnr. Oscar Plichta, ‘n ondersoekbeampte by burgerlike lugvaart, het die vliegtuig se valskerm wat dit moet help spoed verminder nie ontplooi nie en het die straler deur die veiligheidsomheining gebars.
In September het ‘n Karakorum-8 by die lugmagbasis buite Karibib geval waarop die loodse hul uitskietstoele gebruik het. Na wat verneem word was die vegvliegtuig te spoed te stadig om suksesvol op te styg.
Beide vliegtuie is van Chinese fabrikaat.
Namibië het volgens Airforce Technology se webwerf in Augustus 2005 12 F-7’s bestel. Die vliegtuig is gebaseer op die Mig-21 se ontwerp.
Die eerste F-7’s is in Desember 2009 gelewer.

Kommentaar

Republikein 2025-04-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer