Tweede Reho-vleisfees ’n reusesukses

Gerine Hoff
Boet Matthews - Die tweede Country Vleisfees van die Katolieke kerk wat verlede Saterdag by die Rehoboth-­skouterrein plaasgevind het, het plaaslike en Suid-Afrikaanse bekendes gelok.
Die voormalige Springbok-afrigter­ Pieter de Villiers, die akteur Clint Brink – beter bekend as dr. Steve Abrahams in die sepie Binnelanders, en Mej. Namibië 2015, Steffie van Wyk, was daar om saam te kuier. Hulle het tussen die besoekers rondbeweeg en te lekker met ander feesgangers gesels.
Dié drie bekendes was sonder twyfel een van die hoogtepunte by vanjaar se vleisfees.
Op die vraag of hulle die vleisfees geniet, was die antwoord, “Ja! Dit is ’n onvergeetlike tyd wat ons hier deurbring.”
Brink en De Villiers het gesê. “Die gees is goed onder die gemeente en die organisering van die beste. Nee wat, die Katolieke het beslis ’n wenperd opgesaal.”
Brink het gesê hy het sy hart in Namibië verloor toe hy die meisie van sy drome ontmoet het.
“Steffie se persoonlikheid maak haar ’n goeie rolmodel vir Namibië en sy wonderlike mense.” Op haar beurt het Steffie gesê: “Ons ken mekaar al ’n paar maande en ja, daar is ’n vlammetjie.”
Verlede Saterdag was beslis ’n besonderse dag vir die gemeente van Heilige Hart, asook vir die besoekers van elders wat opgedaag het.
Die kunstenaars wat opgetree het, het gaste met countrymusiek uit die boonste rakke vermaak. Twee van die sangers, Louwtjie Moller en Wayne Blaauw, het gesê: “Dis lekker om op die verhoog te staan en diep uit jou hart te sing vir mense wat jou musiek waardeer. As ons genooi word, is ons volgende jaar weer hier op Rehoboth!”
Een van die hoogtepunte was die veiling, met boere wat hul hande diep in hul sakke gesteek het om uitstekende pryse te betaal vir ’n bees of ’n springbok, om maar net ’n paar te noem. Só het die pryse by die koekverkope ook die hoogtes ingeskiet, met een – waarop die vleisfees se embleem aangebring is – wat vir N$3 800 verkoop is.
Deur die loop van die dag het die plaaslike radiostasie, 90.3 Live FM, met ’n regstreekse uitsending die inwoners van Rehoboth op hoogte van sake gehou, en die aand was dit ­Nu-Balance van Keimoes wat jonk en oud op die dansbaan laat litte losmaak het.
Ná die sukses van hierdie vleisfees, is die verwagting dat 2017 se fees die vure nóg hoër gaan laat brand.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!