Tweede sege vir Martin in 2016
Tweede sege vir Martin in 2016

Tweede sege vir Martin in 2016

Motorsport
Tielman van Lill
Tielman van Lill - Agtien ywerige spanne het Saterdagoggend vanaf die Jan Wilkens-stadion in Walvisbaai na Duin 7 vertrek op die eerste van nege sneldele van die 2016 Omahooli Systems Walvisbaai-tydren.

Hoewel almal seker gemaak het dat hul voertuie meganies ten volle gereed is om die 107.8 kilometer se spesiale sneldele af te blits, het dit nie so maklik gegaan nie. Selfs die algehele wenners Allan Martin en navigator Melvin Gous het nie ''n ontmoeting met die ongeluksvoël gespaar gebly nie, want hul Klas 3 J&P Hydraulics VW Polo het reeds in die eerste sneldeel begin lol.

Vyf spanne kon as gevolg van verskeie onoplosbare meganiese probleme nie die tydren voltooi nie.

Die PZN Racing-span van Wilro Dippenaar en Riaan van der Westhuizen moes ná sneldeel 6 hul Shell V-Power Toyota Auris onttrek, terwyl Jan Everson en navigator Fanie Botes se Seal Consulting Engineers S2-VW Polo ná net drie sneldele gebreek het.

Tinus Malan / Paul van Niekerk kon glad nie wegspring nie en Gert Coetzee / Hugo Arangies (sneldeel 6) asook Welmie Kühn / ST Kühn (sneldeel 6) was die ander slagoffers wat die handdoek moes ingooi.

Martin, wat vroeër vanjaar met die Duisend Duine-tydren sy eerste algehele oorwinning behaal het, moes Saterdagnamiddag vanaf sneldeel 8 sonder ''n koppelaar jaag, maar kon tog daarin slaag om sy eerste posisie suksesvol te verdedig.

“Die Swakop-tydren was my eerste algehele oorwinning ooit en het soet op die tong gelê. Omrede hierdie byeenkoms in my agterplaas gehou is, was dié uitslag nóg beter.

“Soos jy weet, gebeur die onvoorsiene mos altyd met tydrenne en met die intrapslag het die koppelaar my hoofbrekens besorg. Gelukkig kon ek daarin slaag om voort te jaag, maar met die tweede laaste sneldeel was die koppelaar gaar en ek moes tot die einde daarsonder klaarkom,” het Martin verduidelik.

“Die tydren was blitsig vinnig met hoë snelhede wat deur jaers behaal is en ek kan die spronge oor hobbels vergelyk met wat die ouens by die World Rally Championships (WRC) opdis.

“Hierdie is seker dié gewildste byeenkoms op ons tydrenkalender en met uitstekende organisasie uit die boeke,” het Martin afgesluit.

Richard Slamet en navigator Wiets Coetzee se Klas 3 I-S Freight Services Toyota RunX S2000 se tweede plek in dié klas, het ook nie sonder ''n goeie skeut nukke gekom nie.

“Die byeenkoms is in ''n baie goeie gees gehou en die organiseerders het hulle uitstekend van hul taak gekwyt.

“Ons het stadig begin en algaande momentum opgebou, maar met sneldeel 3 het ons probleme ondervind en moes onttrek,” het Slamet, voorsitter van die Windhoek Motorklub gesê.

“Ons kon weer vir die vierde een inskryf, maar ons is met vyf minute gepenaliseer.

“In nog twee trajekte het die RunX se as probleme gegee en ek moes my bes doen om tyd teen die voorlopers in te haal. Aan die einde van die tydren was ons 13 sekondes agter die tweede posisie en 3 minute 54 sekondes agter die algehele wenners. Ek is tevrede hoe sake verloop het en is positief oor die toekoms.”



LEK OLIE

Die gevaarlike kombinasie van Wilro Dippenaar en navigator Riaan van der Westhuizen het vroeg in die byeenkoms hul merk gemaak toe hulle sneldele 1 en 2 ingepalm het. ''n Fout asook ratkasprobleme het hulle egter gepootjie.

“Die byeenkoms het goed begin toe ons die eerste twee sneldele gewen het het, maar in sneldeel 3 begaan ek ''n fout en verloor nege sekondes. Die volgende drie trajekte het goed afgeloop en ons het ''n voorsprong van 23 sekondes teenoor die tweede posisie opgebou. In die laaste sneldeel het ons ''n klapgeluid gehoor; ons kon nog verder ry, maar toe ons by die dienspark stilhou, het die olie orals uit die ratkas gestroom,” het Dippenaar agterna vertel.

“Die enigste ding wat ek kon doen, was om te onttrek en verdere skade te voorkom.

“Ons het die tydren baie geniet en gaan beslis sterker terug wees om aan die Tara op 18 en 19 November deel te neem.

“Ek bedank graag my borge Shell V-Power, PZN Panelbeaters, Fast Signs en DJ Droopy vir hul ondersteuning,” het Dippenaar afgesluit.

Die volledige uitslae:

Algeheel: 1. Allan Martin / Melwin Gous, 1 uur 3 minute 15 sekondes. 2. Oswaldo Mendes / Cecil Koorts, 1:06:56. 3. Richard Slamet / Wiets Coetzee, 1:07:09.

S1-klas: 1. Roland Himmel / Jaco Wiese (Toyoya Etios R2) 1:08:33. 2. Peer Röhm / Eugene Marais (Gunite Pools Toyota Auris) 1:18:55. 3. Jay Dee Kessler / Willem Wessels (Toyoya Conquest) 1:23:34. 4. Pieter Greeff / Steven Robinson (Seal Consulting Engineers Toyota Corolla) 1:50:44.

S2-klas: 1. Etienne van den Heever / Willy van Wyk (VW Golf) 1:14:14. 2. Jannie en George Coetzee (Compass Walvis Bay VW Polo) 1:25:49.

S3-klas: 1. Allan Martin / Melwin Gous (J&P Hydraulics Racing VW Polo) 1:03:15. 2. Richard Slamet / Wiets Coetzee (IS Freight Services Toyota RunX) 1:07:09. 3. Jaco Redelinghuys / Dries Booysen (Gobabis Toyota Toyota RunX) 1:11:34.

S4-klas: 1. Oswaldo Mendes / Cecil Koortz (Atlas Copco Subaru Impreza) 1:06:56. 2. Marco Luis / DeWet du Plessis (Xenium Subaru Impreza) 1:14:38. 3. Freddie van Niekerk / Marius Nasilowski (Ford Courier) 1:29:50.

''Off Road'': 1. Morné Ooshuizen / Jacques Kruger (APP Zarco Soil Master) 1:21:47.

Die Walvisbaai Motorklub bedank Omahooli Solutions, Remax Eiendomme, Steckel''s Toyota, Sign World, Desert Iron & Steel, Seal Consulting Engineers, Kosmos 94.1, J&P Hydraulics en Sylver Engineering wat die byeenkoms suksesvol en moontlik gemaak het.

Kommentaar

Republikein 2024-10-01

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Rugby Championship: Springboks 48 vs 7 Argentina | New Zealand 33 vs 13 Australia Premier League: Bournemouth 3 vs 1 Southampton | Manchester United 0 vs 3 Tottenham Hotspur | Ipswich Town 2 vs 2 Aston Villa | Wolves 1 vs 2 Liverpool | Nottingham Forest 0 vs 1 Fulham | Everton 2 vs 1 Crystal Palace | Chelsea 4 vs 2 Brighton | Brentford 1 vs 1 West Ham | Arsenal 4 vs 2 Leicester City | Newcastle 1 vs 1 Manchester City LaLiga: Villarreal 3 vs 1 Las Palmas | Atletico Madrid 1 vs 1 Real Madrid | Real Betis 1 vs 0 Espanyol | Athletic Club 1 vs 1 Sevilla | Celta Vigo 1 vs 1 Girona | Osasuna 4 vs 2 Barcelona | Real Sociedad 3 vs 0 Valencia | Rayo Vallecano 1 vs 1 Leganés | Getafe 2 vs 0 Deportivo Alaves SerieA: Parma 2 vs 3 Cagliari | Napoli 2 vs 0 Monza | Empoli 0 vs 0 Fiorentina | AS Roma 2 vs 1 Venezia | Como 3 vs 2 Hellas Verona | Torino 2 vs 3 SS Lazio | Bologna 1 vs 1 Atalanta | Genoa 0 vs 3 Juventus | Udinese 2 vs 3 Inter Milan European Championships Qualifying: Swansea City 1 vs 1 Bristol City | Watford 2 vs 1 Sunderland | Portsmouth 0 vs 0 Sheffield United | Oxford United 0 vs 0 Burnley | Millwall FC 3 vs 1 Preston North End | Middlesbrough 2 vs 0 Stoke City | Leeds United 3 vs 0 Coventry City | Hull City 4 vs 1 Cardiff City | Sheffield Wednesday 3 vs 2 West Bromwich Albion | Derby County 2 vs 3 Norwich City | Blackburn Rovers 2 vs 0 Queens Park Rangers English Championship: Swansea City 1 vs 1 Bristol City | Watford 2 vs 1 Sunderland | Portsmouth 0 vs 0 Sheffield United | Oxford United 0 vs 0 Burnley | Millwall FC 3 vs 1 Preston North End | Middlesbrough 2 vs 0 Stoke City | Leeds United 3 vs 0 Coventry City | Hull City 4 vs 1 Cardiff City | Sheffield Wednesday 3 vs 2 West Bromwich Albion | Derby County 2 vs 3 Norwich City | Blackburn Rovers 2 vs 0 Queens Park Rangers #N/A Currency: GBP to NAD 23.03 | EUR to NAD 19.23 | CNY to NAD 2.48 | USD to NAD 17.39 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.26 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.65 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.17 | RUB to NAD 0.18 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.22 | USD to AOA 951.56 | USD to BWP 13.08 | USD to EGP 48.18 | USD to KES 128.5 | USD to NGN 1600.53 | USD to ZAR 17.39 | USD to ZMW 26.15 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1898.19 Down -1.16% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14372.84 Down -0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 31587.04 Up +0.41% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9653.37 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 662.03/OZ UP +1.00% | Copper US$ 4.56/lb UP +0.76% | Zinc US$ 3 158.60/T UP 2.31% | Brent Crude Oil US$ 75.33/BBP UP +3.76% | Platinum US$ 990.32/OZ UP +1.07% #N/A