Tweede silwer Namibië se laaste, ná diskwalifikasie
Paralimpiese Spele
Hesron Kapanga in Tokio
Johannes Nambala het gister Namibië se tweede medalje by die Paralimpiese Spele in Tokio, Japan, gewen.
Nambala het vir die T13-klas se 400-meterfinaal gekwalifiseer nadat hy Woensdag tweede in sy uitdun geëindig het. In die finaal het hy derde gekom om sy land se tweede bronsmedalje op te raap.
Namibië se eerste medalje by die Spele is Sondag deur Ananias Shikongo in die T11-400-finaal verwerf toe hy silwer gewen het.
Mohamed Amguoun van Marokko, die verdedigende 2016 Paralimpiese kampioen, het met 47.70 silwer in die 400-finaal voor Nambala met 48.76 ingepalm.
Skander Djamil Athmani van Algerië het die nuwe 400-kampioen in dié klas vir blindes geword toe hy Amguoun se wêreldrekord (46.92) met 46.70 uitgevee het.
Nambala het gesê hy is trots op homself, maar dat die eer ook na Letu Hamhola, sy afrigter, moet gaan.
“Die resies was goed, want ek het Tokio toe gekom om te hardloop soos die wêreldkampioen wat ek is. Daar is nuwe ouens wat op die toneel verskyn, maar ek sal aan my tekortkominge werk vir die 2024 Paralimpiese Spele in Frankryk.
“Ek skrik vir niemand, die 400 behoort aan my en in 2024 sal ek nog sterker en vinniger terug wees.”
Michael Hamukwaya, sekretaris-generaal van die Namibiese Paralimpiese Komitee, het gesê: “Ons het nou twee medaljes in Tokio gewen. Dit wys dat ons Paralimpiese atlete sterk is en dit moet gevier word.”
SHIKONGO GEDISKWALIFISEER
Shikongo het gister 'n bronsmedalje én 'n Afrika-rekord misgeloop toe hy ná die T11-klas se 100-finaal gediskwalifiseer is.
Shikongo is derde oor die eindstreep in 10.98 sekondes, maar die verbindingskoord tussen die hande van die blinde atleet en sy gids, Even Tjiviju, het oor die laaste meter van sy hand afgegly.
Volgens reël 7.9.3 mag 'n gids nie die atleet alleen oor die eindstreep laat hardloop nie. Tjiviju het gister gesê dis jammer dat dit gebeur het, maar dat daar op daardie oomblik niks was wat hy kon doen nie.
• Lahja Ishitile se Spele het ook gister tot 'n einde gekom toe sy nie vir die semifinaal van die T11-klas se 200 kon kwalifiseer nie. Sy het gisteroggend derde en laaste in haar uitdun geëindig.– Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie