Tweede sprinkaangolf en geen plaagdoder
Tweede sprinkaangolf en geen plaagdoder

Tweede sprinkaangolf en geen plaagdoder

Namibië kan weens druk op vervaardigers nie die plaagdoder bekom wat nodig is om swerms treksprinkane uit die lug te bestry nie.
Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer – Namibië loop deur onder ’n tweede, erger golf van vernietigende rooi treksprinkane en die internasionale verskaffers van die aanvaarde en veilige biologiese plaagdoder wat met vliegtuie toegedien word, is uit voorraad.

Die swerms treksprinkane kom in die noordelike, sentrale en oostelike dele van die land voor, en beweeg nou suidwaarts, sê mnr. Calle Schlettwein, minister van landbou, water en grondhervorming, in ’n verklaring.

“Die mees doeltreffende wyse van bestryding onder die huidige omstandighede, is vanuit die lug,” sê hy en voeg by die ministerie het die biologiese plaagbeheermiddel bestel wat nie vir die omgewing nadelig is nie en goedgekeur is vir lugtoediening.

Aangesien verskeie Afrikalande tans sprinkaanplae beleef, het die Europese verskaffers van hierdie middel Namibië in kennis gestel dat hulle eers oor ses maande voorraad sal hê.

Die enigste verskaffer daarvan op die vasteland is in Marokko, en kan ook nie voorbly om dit aan kopers te lewer nie.

Volgens Schlettwein het die ministerie die hulp van ontwikkelingsvennote en die Verenigde Nasies se Voedsel- en Landbou-organisasie (FAO) ingeroep en hulle gevra vir bystand in die verskaffing van plaagdoder en toerusting om die uitbreking te bestry.

Schlettwein sê in die tussentyd gaan die ministerie voort om plaasbeheer op die grond toe te pas deur voertuie met sproeitoerusting toe te rus, asook mense te gebruik wat sproeihouers op hul rug dra.

Hy sê die hulp van die weermag en die nasionale jeugdiens is ingeroep om die mannekrag op die grond te versterk.

Hul opleiding, die logistieke beplanning, asook die aankoop van nog toerusting en persoonlike beskermde drag (PPE’s) sal spoedig geskied, sê die landbouminister.

Hy het ‘n beroep op gemeenskappe en ander belanghebbendes gedoen om in die stryd hierteen te help.

Gewasse en weiveld in Angola, Botswana, Namibië, Zambië en Zimbabwe word reeds sedert Mei 2020 deur ernstige sprinkaanplae bedreig. Skade aan somergewasse was tydens die eerste golf beperk aangesien die oes reeds afgehaal was, maar besproeiingsgewasse en die huidige seisoen se somergewasse word tans ernstig bedreig. Ongeveer 1,1 miljoen hektaar was teen Desember 2020deur swerms sprinkane oorval, het die Werkgroep vir Voedsel- en Voedingsekerheid (FSNWG) vroeër berig.
[email protected]

FOTO
Namibië beleef 'n tweede, erger golf van rooi treksprinkane midde 'n internasionale tekort aan biologiese plaagbestryders. Foto myaimreport.com

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!