Tweede Tara in 'n ry vir Van Dyk en Rust
Sonder 'n goed voorbereide voertuig kan jy vergeet om die Total Tara klaar te maak, sê die klaswenner.
Tielman van Lill - Die veldrenjaers Jaco van Dyk en navigator Michel Rust het Saterdag hul 2018 Total Tara-kroon suksesvol verdedig toe hulle die OR-afdeling (off-road) van die 51ste weergawe van die gesogte tydren met gemak ingepalm het.
Alles was nie net maanskyn en rose vir die vlieënde Van Dyk en Rust in hul OR A-klas 24 Hour Race Fuels V8 Dakar Nissan Navara wat die vorige Donderdag vir die 2019 Total Tara vanaf Swakopmund na Windhoek weggespring het nie.
Hul strafste kompetisie het van Johan van Staden en Mike Lawrenson in die OR A V8 Dakar Renault Elf Duster gekom. Die twee spanne ken mekaar reeds goed ná vyf ontmoetings in tydrenne in die Suid-Afrikaanse Cross Country-reeks (SACCS) en dié vriende weet presies wat om van mekaar te verwag.
Ná Donderdag se eerste vier supersneldele (SS'e) was Van Dyk in die eerste posisie met Van Staden 71 sekondes stadiger in die tweede plek.
Van Dyk het drie uit die eerste vier sneldele gewen, terwyl Van Staden met SS4 een sekonde vinniger ingeklok het. Sandra Jonck-Labuscagne (OR E) was derde, met Dirk Redmann/Flippie Liebenberg en Gert Liebenberg onderskeidelik vierde en vyfde.
Die sluwe Tara-kat het toe reeds haar naels in Jacques Kruger/Roché Louw (OR D) se Toyota-bakkie geslaan en ook vir Wido Bartch/Raymond Fourie tot stilstand gebring. Genadiglik kon beide spanne ingevolge supertydrenreëls inskryf om die dag se aksie af te sluit.
Met Vrydagoggend se wegspring vanaf Swakopmund het Van Dyk opnuut onder streng instruksies van Rust die krane oopgedraai om tot en met SS16 nege van die tien sneldele op te raap. Van Dyk klop Rust in SS8 met agt sekondes, terwyl Bartsch se tydren ná SS8 kortgeknip word.
Die Navara sluit Vrydagaand die tydren by die Tony Rust-renbaan in die eerste posisie af, gevolg deur Van Staden met Jonck-Labuscagne derde en Liebenberg vierde in sy V8-Lexus 4x2 Tata-bakkie.
Saterdagoggend by Okahandja in SS17 slaan die noodlot egter toe met 'n laerkontrole-arm wat aan Van Staden se Renault breek. Hulle maak die trajek klaar, maar kan weens 'n tydboete ingevolge die supertydrenreëls nie weer vir die res van die tydren inskryf nie.
Met Van Staden buite rekening, jaag Jonck-Labuscagne en haar man Jaco die Navara. Maar die kragtige Total Agri 4x2 Porter PR1 Sandmaster met sy 6 liter V8 Chevy LS2-enjin kry nie benoeg vatplek op die pad om Van Dyk in te haal nie.
STOOT BAKKIE OOR EINDSTREEP
Liebenberg jaag bestendig om die laaste supersneldeel by Tony Rust aan te pak. Ongelukkig draai hy die Tata se aandryfas na die agterwiele af en verloor byna sy algehele derde plek in die OR-afdeling. Gelukkig wys die res van die spanne watter goeie gees onder hulle heers en die manne en vroue stoot die Tata na die eindstreep om amptelik in 3 ure 10 minute 21 sekondes klaar te maak.
Van Dyk sluit sy aanslag 5 minute 24 sekondes vinniger af as wat die sedanmotors kon doen (1:58:58). Die Porter PR 1 wat Vrydagaand bykans geheel en al sonder remme was, storm voort en raap die tweede plek in 2:11:57 op.
Van Dyk het aan Republikein vertel dit is belangrik om die Tara te geniet.
“Die Tara is eintlik 40 dae lank. Die belangrikste is maar om te besef die kat se naels is lank en skerp. Voorbereiding van jou kar is die belangrikste, anders gaan jy nie klaarmaak nie. Die kompetisie is straf en jy baklei vanaf die wegspring teen die kat se naels wat jou om elke hoek draai inwag.
“Voor elke trajek stuur ek 'n gebed op na ons hemelse Vader en vra hom om ons te beskerm. Dit is baie belangrik vir my om met my Skepper te kommunikeer.
“Dit is uiters belangrik vir my om elke woord te hoor wat vir Michel vir my sê. Anders kan dinge lelik vir ons skeefloop.
“Die Tara is geestelik veeleisend en ewe straf op die liggaam. Dus moet 'n ou fiks wees en oor die nodige uithouvermoë beskik om deurentyd op peil te wees. Jy moet geestelik reg wees, anders gaan jy in die stof byt. Besluite moet teen hoë snelhede en binne 'n breukdeel van 'n sekonde geneem word.
REëLINGS WORD WAARDEER
“Dit was my tiende keer wat ek die Tara gejaag het en die tweede keer wat ek die OR-afdeling kon wen. Baie dankie aan Hollard en Namrisk wat die vervoer van die Navara verseker het. Dankie aan Total vir die borgskap en die massiewe bydrae wat hulle weereens tot tydrenne gelewer het.
“Dankie aan die Namibiese Motorsportfederasie asook die Windhoek-motorklub en Walvisbaai-motorklub vir jul toewyding en die wyse waarop alles gereël was. Dankie aan die media vir die dekking en dan ook aan Bay Air wat my kinders veilig vanaf Grootfontein na Swakopmund vervoer het.
“Dan moet ek beslis al die toeskouers in Namibië uitsonder wat ons so goed ondersteun het. Sonder julle sou ons dit glad nie kon doen nie. Hier en daar het ons kop verloor en oorboord gegaan, maar dit was vir julle ondersteuners! Weereens baie dankie,” het Van Dyk gesê.
Liebenberg was ingenome met die hulp wat hy en navigator Johan Thiart ontvang het om die eindstreep te haal.
“Te danke aan julle almal staan my naam derde op die uitslag van die OR-klasse aangeteken. Baie dankie aan Allan Martin, Maretha Olivier, Ettienne van den Heever, Willy van Wyk, Zachary Martin, Mandi Hugo, Pieter Greeff, JP Robertson, Jaco van Dyk, Michel Rust, Sandra en Jaco Jonck, Jacques Kruger, Roché Louw, Johan Thiart, Dirk Redmann, Flippie Liebenberg asook die J&P Hydraulics-diensspan dat julle gehelp het.
“Te danke aan julle kon ek die 51ste Total Tara-tydren klaarmaak, my klas (OR C) wen en algeheel derde op die podium staan. Twee kilometer voor die einde het ek die aandryfas gebreek, maar julle familie het almal gehelp stoot.
“Wat julle gedoen het, beteken vir my baie en ek sal dit nooit vergeet nie. Julle is my tydrenboeties en -sussies! Ek en Johan (Thiart) salueer julle,” het Liebenberg vertel.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie