Tweede wen vir Vroue-Eagles; manspan verloor teen Knights
Krieket
Andrew Poolman – Die Namibiese vrouekrieketspan, die Capricorn Eagles, het lesse uit sy openingswedstryd toegepas en het Vrydag in Gaborone sy tweede oorwinning in twee dae behaal by die kontinentale uitduntoernooi vir die T20 Wêreldbeker vir vroue.
Ná die senuweeagtige ervaring toe hulle Donderdag met net ’n skrale vier lopies die oorhand gekry het teen Uganda – wat vyf plekke hoër op die wêreldranglys is – het Irené van Zyl en haar span vandag vir Nigerië met 59 lopies behoorlik op hul plek gesit.
Kayleen Green is vir die tweede dag ná mekaar as speler van die wedstryd aangewys.
Dit kom ná haar deurslaggewende vasbytbeurt van 54 nie uit nie Donderdag teen Uganda, toe Namibië net 105/4 kon aanteken voordat die Oos-Afrikane op 101/7 bitter naby aan die wenstreep gekom het.
Vandag teen Nigerië het die Namibiese vroue weer eerste gekolf en 125/7 opgestel, waarvan die meerderheid deur Adri van der Merwe (18 van 12 balle, 3x4), Yasmeen Khan (29 van 33 balle, 2x4) en Kayleen Green (29 van 21 balle, 4x4) aangeteken is.
Hierna het hulle as boul- en veldwerkspan behoorlik die Nigeriërs doodgewurg en die vereiste lopietempo sommer van vroeg af buite hul opponente se bereik laat opstoot. Nigerië het uiteindelik op 66/7 geëindig, wat Namibië met 59 lopies laat wen het.
Kayleen Green het ook as bouler uitgeblink met 2/12 in vier boulbeurte, aangevul deur Sylvia Shihepo met 2/12 in twee.
Victoria Hamunyela (1/7 in 4) en Wilka Mwatile (1/9 in 4) het hul taak ook uitmuntend verrig om net 1.75 en 2.25 lopies per boulbeurt af te staan. Irené van Zyl se twee boulbeurte het ook net ’n skamele drie lopies gekos.
MIK NA LOPIE-PER-BAL
Ná Donderdag se naelskraapse sege teen Uganda het Francois van der Merwe, afrigter van die Eagles, gesê ’n element van senuagtigheid het die vroue in ou gewoontes laat verval en dat hulle hulself met tye onder druk geplaas het.
“Uganda is 18de op die wêreldranglys en omtrent vyf posisies hoër as ons. Die prestasie dat ons die sterkste opposisie in ons groep kon verslaan, sal die vroue selfvertroue gee.
“Die kolfblad het redelik baie gras op, wat nogal ongewoon vir T20-krieket is. Die buiteveld het ook ongelyktes en is nie wonderlik om op te speel nie.
“Ons het vooraf gesê as ons ’n lopie-per-bal kan handhaaf en by 120 uitkom, sal dit ’n goeie teiken stel. Om 105 te haal, was heel skaflilk nadat ons albei ons aanvangspaar vir nulle verloor het. ’n Goeie venootskap tussen Kayleen (54*) en Yasmeen Khan (25 van 35 balle) het ons terug op koers gebring.
“Ons hardloopwerk tussen die paaltjies was nie besonder goed nie – terwyl Uganda tussen die 10de en 20ste boulbeurte goed hiermee gevaar het deur bloot heeltyd die slag te verwissel en sodoende heeltyd op koers gebly het.
“Ons is ’n goeie veldwerkspan en die vroue was in beheer van die spel en het ’n welverdiende oorwinning behaal. Nou moet ons net ons kolwers behoorlik op vorm kry om groot vyftigtalle, naby aan honderdtalle, op te stapel, dan behoort ons goed te vaar in die toernooi.”
NEDERLAAG IN BLOEMFONTEIN
Vir die Vrystaatse Knights was bloot eer op die spel en vandag se uitslag het bloot meegebring dat Namibië die reeks met 3-2 beklink.
Afrigter Pierre de Bruyn het nietemin ’n goeie taktiese stryd gekry om te kon ontleed – met Namibië (144/5) wat op vreemde wyse nie die wenstreep kon haal nie en met drie lopies die knie moes buig teen die Knights se 147/7.
Vir die Vrystaters het Jacques Snyman (14 van 15 balle) en Matthew Kleinveld (29 van 27 balle) hulle skaflik uit die blokke gekry en ondanks ’n insinking in die middelbeurte was daar weer ’n goeie eindpoging deur Patrick Botha (30 nie uit nie van 23 balle, 2x4) en ’n flambojante 33 van 15 balle deur Gerald Coetzee, wat drie viere en twee sesse geslaan het.
As ’n proefneming het Zane Green, eintlik paaltjiewagter, die eerste boulbeurt afgestuur en net drie lopies afgestaan. Hy het hierna nie weer geboul nie.
Karl Birkenstock het 3/32 in vier boulbeurte geneem, Gerhard Erasmus 2/18 in 3, JJ Smit 1/4 in 1 en Ruben Trumpelmann 1/19 in 3.
Die Eagles se topdrie Stephen Baard (22 van 17 balle), Zane Green (39 van 38 balle) en Craig Williams (30 van 31 balle) het nie sleg begin nie. Kaptein Gerhard Erasmus is met sy tweede bal vir net 1 uitgevang, voordat JJ Smit sy stem dik gemaak het met 22 van 14 balle (1x4 2x6) totdat hy ná ’n misverstand met Jan Frylinkc uitgehardloop is.
Frylinck (17 nie uit nie van 16 balle, 2x4) en Ruben Trumpelmann (3* van 2 balle) het tien lopies van die laaste ses balle benodig, maar het uiteindelik te kort geskiet.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie