Tweejarige hoor vir eerste keer ná inplanting
Henriette Lamprecht - 'n Tweejarige dogtertjie van Windhoek kan nou vir die eerste keer haar ouers se stemme hoor.
Die kogleêre inplanting wat klein Thea Bezuidenhout vroeër vanjaar ontvang het, is Woensdag aangeskakel.
Sy het nou vir die eerste keer in haar lewe die geleentheid om te hoor en om haar spraak- en taalvaardighede te ontwikkel.
Vir haar ma, me. Martinique Bezuidenhout, en haar pa, mnr. Xavier Papo, was dit 'n groot oomblik.
“Ons is baie opgewonde en kan nie wag dat dit aangeskakel word nie,” het Martinique tydens die geleentheid gesê.
Volgens haar het die oudioloog me. Janet Brits verlede jaar vasgestel Thea kan nie hoor nie.
Brits, wat ook deel was van die span wat die inplanting by die Lady Pohamba- private hospitaal uitgevoer het, sê dié operasie bied die beste moontlikheid op volkome gehoor.
Volgens Brits sal Thea haar vir die volgende jaar weekliks vir terapie besoek. Tuis ondersteun Thea se ouers ook dié terapie.
“Gereelde verstelling, veral in die eerste jaar ná die inplanting van die spraakprosesseerder, en rehabilitasie vir veral kinders is van kardinale belang vir sukses,” het Brits gesê.
Tydens die inplanting word 'n elektrode in die binneoor (koglea) ingeplant wat die funksie van die haarselletjies oorneem en die akoestiese senuwee direk stimuleer.
Waar 'n gehoorapparaat nie meer doeltreffend is vir mense met ernstige tot uitermate gehoorverlies nie, bied die inplanting 'n oplossing.
Vir kinders wat nie oor spraak- en taalvaardighede beskik het voor hulle doof geword het nie, is terapie ná die aanskakeling van 'n kogleêre inplanting deurslaggewend.
“Die beoogde uitkoms van 'n suksesvolle operasie is om gehoor te herstel, dus om vir kinders wat doof gebore is, 'n manier te gee om te hoor en daarom spraak en taal te kan ontwikkel,” het Brits gesê.
Thea se mediese onkoste is deur Nedbank geborg.
Die inplanting is deur MEDEL Implant Systems SA geskenk, terwyl die buitenste spraakprosesseerder geborg is deur die ouers van 'n dogtertjie wat onlangs in Engeland oorlede is.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie