Tweejarige peuters verdrink in puttoilet
Die naweek het verskeie insidente wat op 'n bakleiery uitgeloop het tot bloedige aanvalle gelei.
Volgens die Namibiese polisie se misdaadverslag het twee kinders, beide twee jaar oud, Saterdag in 'n puttoilet verdrink.
Die ongeluk het omstreeks 14:00 in die One Nation- informele nedersetting in Wanaheda plaasgevind. Erastus Ndjituwamata en Lucia Fernando het buite gespeel terwyl hul ouers binne in die huis doenig was.
Die ouers het omstreeks 13:00 na hulle begin soek en het later op hul liggame in die puttoilet afgekom.
Mnr. Luvuna Sylwell (40) is Saterdag om 17:24 by 'n huis in Mondesa doodgesteek. Die verdagte (33) is die slagoffer se meisie. Die twee was glo in 'n argument betrokke toe hulle by die huis aangekom het.
'n Een-en-vyftigjarige verdagte het sy broer Vrydag om 22:15 in die Nomtsoub-nedersetting op Tsumeb geskiet. Die slagoffer (38) en die verdagte het glo in 'n bakleiery betrokke geraak toe die slagoffer by die huis aangekom het. Die slagoffer is in 'n kritieke toestand in die hospitaal opgeneem en die verdagte is in hegtenis geneem.
In die Okahenge-nedersetting het 'n man tussen 23:00 en 23:30 sy 25-jarige broer se keel met 'n okapi-mes gesny. Die twee mans was glo in 'n argument betrokke. Die verdagte het op die vlug geslaan en homself later aan die polisie oorgegee. Die slagoffer is in die intensiewesorgeenheid in die hospitaal opgeneem.
Mnr. Vevangapi Kandjai (25) is in die staatshospitaal op Swakopmund dood nadat hy glo deur 'n 34-jarige man met 'n mes in die maag en kop gesteek is. Die twee mans het tussen 00:00 en 01:00 in die DRC- informele nedersetting geargumenteer toe die voorval plaasgevind het. Die verdagte is in hegtenis geneem.
VERKRAGTING
'n Agt-en-dertigjarige verdagte is Sondag op Mariental in hegtenis geneem nadat hy glo 'n 39-jarige vrou ontvoer en verkrag het. Die slagoffer en die verdagte het na bewering vanaf Keetmanshoop na Mariental gereis. Beide het by die dadelplaas afgeklim. Op pad na die informele nedersetting het die man haar glo oorrompel en na sy huis geneem en verkrag.
ROOF
Saterdag om 09:40 is 'n Chinese burger (44) in die nedersetting Iitananga deur 'n onbekende man met 'n mes gedreig, gesteek en van N$130 000 kontant beroof. Die verdagte het na bewering voorgegee dat hy 'n verkeersbeampte is deur 'n weerkaatsende baadjie te dra.
Hy het die slagoffer vir sy rybewys gevra voordat hy hom in die arm gesteek en met die geld wat in die voertuig was, op die vlug geslaan het.
FOTO
Die toneel waar die kinders verdrink het. Foto verskaf

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie