Tweejarige sterf ná Otji-ongeluk
‘n Tweejarige meisie wat gister die gru-ongeluk 15 km noord van Otjiwarongo oorleef het, het vanoggend gesterf.
Die meisie is na ‘n Windhoekse hospitaal geneem waar sy aan haar brandwonde van die ongeluk beswyk het, het die Namibiese polisie se woordvoerder in die Otjozondjupastreek, ao. Maureen Mbeha, vanoggend bevestig.
Dit bring die totale sterftesyfer van die ongeluk op agt te staan.
Sy was een van vyf mense wat na ‘n Windhoekse hospitaal oorgeplaas het, terwyl ses ander beseerdes op Otjiwarongo behandeling kry.
Die ongeluk het gebeur toe ‘n minibus met 17 insittendes trompop met ‘n aankomende bakkie gebots het wat glo ‘n ander voertuig probeer verbysteek het.
“Die impak was so erg dat die minibus aan die brand geslaan het en die vuur na die bakkie vesprei het,” het Mbeha gesê.
Tien mense het die ongeluk oorleef.
Volgens Mbeha, het sewe van die oorledenes in die brand verkool.
Die polisie het ‘n beroep op die publiek gedoen om te help met die identifisering van die oorledenes. – Nampa
Foto Accidents in Namibia

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie