Tweeling kan nie huis toe kom
'n Namibiese hoërhofregter het 'n hofaansoek geweier om die ministerie van binnelandse sake se besluit om nié reisdokumente aan die tweeling Maya en Paula Delgado Lühl uit te reik nie, tersyde te stel.
Jana-Mari Smith
Die drie weke lange wagperiode vir die uitspraak het in skok en trane vir die Namibiër, mnr. Phillip Lühl, en sy man, mnr. Guillermo Delgado Castañeda, geëindig wat gehoop het om hul gesin vandeesweek weer te herenig.
Hoërhofregter Thomas Masuku het gesê die dringende aansoek om die tweeling terug te bring is afgekeur, deels omdat die “gereg sy hand sou oorspeel” deur in te meng by die ministerie se besluit.
Hy het in sy volle uitspraak erken die besluit is met 'n “baie swaar hart geneem, want ek verstaan dit behels die kwessie van minderjarige kinders en wat die applikant se regsverteenwoordiger as moontlike staatloosheid beskryf.”
Masuku het verduidelik die ministerie van binnelandse sake, immigrasie, veiligheid en sekuriteit het nooit 'n amptelike aansoek om die reisdokumente ontvang nie, net 'n brief, en dit was die kern van die saak voor die hof.
“As die hof 'n bevel gee om die minister se hand te dwing, sonder dat hy die geleentheid gehad het om die aansoek op ‘n normale wyse te hanteer, kan dit nadelig wees. Dit is aangesien die hof die bevel blind sou uitvaardig, sonder dat die minister die meriete van die aansoek kon oorweeg. Dit sou beslis lei tot die gereg wat sy hand oorspeel, wat 'n ondermyning sou wees van die leerstelling oor hiërargie.”
Hy het gesê die aansoek het die hof versoek om die “funksies van die minister onregmatig uit te oefen” in die afwesigheid van 'n amptelike aansoek.
Masuku het bygevoeg dat die hof slegs in staat sou wees om die beslissing te hersien en tersyde te stel as daar ontevredenheid is met die minister se besluit nadat 'n amptelike aansoek afgehandel is.
“Daardie drumpel is nie in hierdie spesifieke geval bereik nie. Daarom sal ek in dié stadium onwillig wees om in te meng, terwyl daar geen aansoek voor die minister is nie, en gevolglik geen beslissing deur hom oor die spesifieke aansoek gemaak is nie.
HARDE SLAG
“Natuurlik is dit ‘n harde slag en ‘n groot teleurstelling,” het Lühl tydens 'n oproep uit Suid-Afrika gesê, waar hy sedert Maart woon ná sy tweelingdogters via surrogaatskap gebore is.
Hy het gesê die gesin sal al die redes vir die regter se beslissing hersien voor hulle oor die pad vorentoe besluit.
“Intussen is dit regtig 'n skok vir baie, veral in die groter prentjie van die intense stryd om gelyke regte vir almal te bevorder,” het hy bygevoeg.
Delgado, omring deur familie en vriende, het gesê hy is diep bedroef oor Masuku se besluit.
“Ons het hoop gehad. Ons versoek was in ons kinders se beste belang en dit was blykbaar onredelik. Ek is hartseer en teleurgesteld.”
Hy het gesê hul saak het duidelik baie sensitief geword en dat die uitspraak dít weerspieël.
“As jy daaroor dink, vra ons nie vir iets skandaligs nie. Dit is 'n humanitêre versoek. Die feit dat dit ontken kan word, maak vir my as ‘n pa geen sin nie.”
MOTIVERING BEVRAAGTEKEN
“Die regter het gesê hy wil nie sy hand oorspeel nie, maar waarvoor het ons dan howe? Dit is presies wat die howe moet wees.
Om die verskillende regte op te weeg, hoe fundamenteel dit is en of dit net by die venster uitgegooi kan word, omdat ons nie van die seksuele oriëntasie van daardie paartjie hou nie,” het die arbeids- en menseregtekenner, mnr. Herbert Jauch, gister gesê nadat die uitspraak gelewer is.
Die impak van die uitspraak is selfs meer verwoestend op die regte van die drie kinders van die egpaar, het hy bygevoeg.
“Daar is nou drie heeltemal onskuldige kinders wat 'n baie gemaklike, gevestigde lewe in Windhoek sou hê, en hul lewens is nou omvergegooi.”
Beide die pasgebore tweeling en hul tweejarige broer, wat almal via dieselfde surrogaat gebore is, is Delgado en Lühl se wettige kinders volgens Suid-Afrikaanse geboortesertifikate. In Suid-Afrika is surrogaatskap 'n geldige en wettige proses, onderhewig aan die goedkeuring van die hof.
“Ek verstaan nie hoe 'n regter kan sê hy wil nie sy hand oorspeel nie. Wie moet dan oor 'n saak soos hierdie beslis? Dit het geen reg teenoor die gesin laat geskied nie en het ook nie gehelp om hierdie fundamentele vraag oor menseregte op te klaar nie,” het Jauch bygevoeg.
Hy het verder gesê die regter se beslissing het Namibië se reputasie as 'n land wat die gelyke regte van al sy burgers beskerm en handhaaf, ‘n harde knou toedien.
Me. Unomwinjo Katjipuka-Sibolile, die applikante se prokureur, het gesê die redenasie is “jammer”.
Sy het verduidelik dat Namibiese howe “die laaste verdedigingslinie is as die uitvoerende gesag nie jou basiese grondwetlike regte handhaaf nie. Dan wend jy jou tot die howe, en as die howe dan weier om op te tree, is dit baie teleurstellend.”
Sy het beklemtoon dat die uitspraak destyds nog nie openbaar gemaak is nie, en die redes agter die besluit dus nog nie duidelik was nie.
Sy het egter benadruk dat die saak in sy kern oor die regte van kinders gaan.
“Die uiteinde is dat dit in die beste belang van die kinders is om by hul gesin te wees, en die huidige situasie kan nie aangaan nie.”
Katjipuka-Sibolile het ook gesê die uitspraak ondersteun die standpunt van die ministerie van binnelandse sake, wat die gesin uitmekaar hou.
“Die hof wil nie sy hand oorspeel nie, wat ook al dit beteken, so ons sal die uitspraak moet bestudeer. Die hof is duidelik tevrede om die status quo te behou, naamlik 'n gesin wat geskei is. Daar kan nie gesê word dat die situasie in die beste belang van die kinders is nie.”
KRAAK
Me. Ndiilo Nthengwe van die Gelyke Regte Beweging van Namibië het gister beklemtoon dat die uitspraak Namibië se “selektiewe moraliteitskwessie” weerspieël. Sy het gesê die uitspraak dien as bewys dat Namibië steeds die morele kompas van 'n oorwegend konserwatiewe, patriargale, onderdrukkende en homofobiese samelewing handhaaf.
“Ons bly agter. Hierdie saak, wat in geen ander land gesien is nie, het die wêreld gewys hoe ons LGBTQ-gesinne gaan behandel.”
Mnr. Omar van Reenen van dieselfde beweging het gesê dit is “hartseer dat die hof nie aan die regte kant van die geskiedenis gestaan het en die grondwetlike mandaat van artikel 10, dat elke Namibiër gelyk is voor die wet, gehandhaaf het nie.”
Hy het bygevoeg dat die beste belange van die kinders, wat ‘n prioriteit moet wees, ook nie gehandhaaf is nie.
Ten spyte van die onrus wat die uitspraak veroorsaak het, het Delgado gesê hy is baie dankbaar vir die steun en solidariteit wat hy en sy gesin tydens hierdie stryd van Namibiërs ontvang het.
“Dit stem ooreen met my ervaring van byna 11 jaar in Namibië. Mense is vriendelik, hulle het hierdie menslikheid wat ons deur die jare gesien het.” - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie