Tweeling kraai weer koning

’n Welverdiende wen vir Elnatan in die idiomestryd-kompetisie
Mariselle Stofberg
Jeanette Diergaardt

Die 18-jarige tweeling, Elsa en Anri Visser, het deelnemers aan die Afrikaanse Taal en Kultuurvereniging (ATKV) se Idiomestryd-kompetisie behoorlik ore aangesit.

’n Wen is ’n wen en ’n welverdiende wen wanneer ’n tweeling in ’n span deelneem en twee jaar agtereenvolgens die prys opraap.

Volgens Leonie van Rensburg van die ATKV was dit “hittete” tussen die Elnatan-tweeling en die Gobabis Gimnasium-span, Esmé Steenkamp en Annemarie du Toit.

Altesaam 20 hoërskoolleerlinge het vanjaar aan dié kompetisie deelgeneem.

Die 14 rondes het van Februarie tot 4 Augustus plaasgevind en volgens Van Rensburg was hierdie jaar se kompetisie “baie spesiaal”.

“Dit was ’n moeilike tydperk en die meisies is die kans gegun om vir die laaste keer hul titel te verdedig,” sê Van Rensburg.

Anri neem al van 2018 aan die idiomestryd deel en sy het Elsa in 2019 oorreed om ook deel te neem. Elsa bereik al van graad 8 af die finale ronde.

Hulle het ook die finale ronde gemaak die tweede jaar wat hulle saam deelgeneem het.

Volgens Elsa het sy met haar eerste jaar van deelname “snot en trane” gehuil omdat sy en haar sussie nie gewen het nie. Hul ouers het haar aangemoedig om aan te hou en hul deursettingsvermoë het op die ou einde vrugte afgewerp.

Die idiomestryd-kompetisie vind al vir 20 jaar plaas met meer as 1 200 leerlinge wat al deelgeneem het. Enige skool is welkom om deel te neem en kan meer as een span inskryf. ’n Span bestaan uit twee leerlinge.

Dr. Dolores Wolfaard van die Universiteit van Namibië (Unam) het die idiome opgestel en verwerk. Skole kan die Mieliestronk-webtuiste besoek om deur idiome te werk en natuurlik ook ’n verskeidenheid van boeke lees om meer vertroud met Afrikaanse uitdrukkings en idiome te raak.

Volgens Elsa en Anri het dit baie gehelp dat hul ouers gereeld idiome gebruik.

Die idiomestryd-kompetisie het ontstaan toe onderwysers en dosente van Unam die idee voorgestel het.

Volgens Van Rensburg sterf die gebruik van idiome uit daarom is sulke kompetisies belangrik.

Kommentaar

Republikein 2024-11-16

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 31° Rundu: 20° | 34° Eenhana: 21° | 34° Oshakati: 23° | 33° Ruacana: 20° | 30° Tsumeb: 21° | 33° Otjiwarongo: 20° | 31° Omaruru: 25° | 34° Windhoek: 20° | 31° Gobabis: 21° | 33° Henties Bay: 16° | 24° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 23° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 22° | 38° Aranos: 23° | 36° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 20° | 34° Lubumbashi: 18° | 33° Mbabane: 16° | 31° Maseru: 14° | 30° Antananarivo: 13° | 32° Lilongwe: 19° | 32° Maputo: 19° | 33° Windhoek: 20° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 27° Johannesburg: 16° | 29° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 19° | 29° Harare: 16° | 26° #REF! #REF!