Tweeling slaan voet teen geweld
Des Erasmus - 'n Kruisvaart te voet oor die breedte van Namibië gaan vanjaar in Julie en Augustus deur tweelingbroers van Brackenfell in Kaapstad, Bouwer en Lau Schoonwinkel (51), onderneem word in die stryd teen plaasaanvalle en geweld teen senior burgers.
Die staptog gaan op 16 Julie by Buitepos op die Namibiese oosgrens begin en op 17 Augustus wil hulle Hentiesbaai binnestap. Hulle sê van die vele uitdagings wat hulle reeds saam aangepak het, is dié een die moeilikste. Die twee polisiemanne onderneem elke jaar staptogte vir liefdadigheid met die hoësorgsentrum vir bejaardes op Hentiesbaai wat een van hul ou begunstigdes is.
Die eerste voetslaanskofte ná hul wegtrek op Buitepos sal so 'n 30 km per dag wees totdat hulle “in rat” kom. Dan wil hulle sowat 40 km per dag stap totdat hulle die volle afstand van 750 km voltooi. Bouwer sê die toename in geweld in Namibië is vir hulle 'n bron van kommer.
“Daaraan wil ons aandag gee.”
Die broers het in 2011 met staptogte begin om hoofsaaklik geld vir sorgbehoewende senior burgers in te samel.
Die gesamentlike opbrengs van al hul togte in en om Kaapstad en in Namibië is reeds sowat N$100 000.
Ter voorbereiding vir die Namibiese ekspedisie het die broers in Februarie aan 'n 75 km-vasbytkompetisie op Mosselbaai deelgeneem.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie