Tweespalt in verskeie dorpsrade
Tweespalt in verskeie dorpsrade

Tweespalt in verskeie dorpsrade

Koalisiepolitiek bemoeilik nie net die bestuur van Windhoek nie, maar ook plaaslike regering op ander dorpe in die land.
Sanet de Waal
Augetto Graig en Enzo Amuele op Otjiwarongo

Die verkiesing en inswering van ampsbekleders op dorpsrade het verlede week stormagtig op Okahandja en Otjiwarongo verloop.

Op Okahandja is die seremonie vertraag weens die laat aankoms van landdros Leonard Mateus en later onverklaarbaar uitgestel, met die gevolg dat drie opposisie-raadslede nie aan die verrigtinge by die landdroshof op die dorp deelgemeen het nie.

Mnr. Charl Coetzee van die Okahandja Belastingbetalersvereniging (ORPA), die Independent Patriots for Change (IPC) se mnr. Asker Aupindi het beswaar teen die onreëlmatigheid aangeteken. Volgens die opposisie-raadslede het Mateus by die agterdeur uitgeglip en nooit formeel of skriftelik die verskuiwing van die vergadering gekommunikeer nie.

As gevolg hiervan was die voormalige burgemeester, me. Natasha Brinkman van die Landless People’s Movement (LPM), nie teenwoordig toe haar plaasvervanger, mnr. Isaskar Katuuo van Swapo, onbestrede verkies is nie.

Die regerende party is dus weer in beheer van die Okahandja-munisipaliteit. Mee. Beatrix Kotungondo en Laurencia Philemon is tot die bestuurskomitee verkies onder voorsitterskap van die United Democratic Front (UDF) se mnr. Vincent Kariseb.

Die UDF se samewerking met Swapo het die opposisiekoalisie hier ongedaan gemaak en na bewering was die Otjozondjupastreek se goewerneur, mnr. James Uerikua, persoonlik teenwoordig om seker te maak Kariseb stem soos hy moes.

OTJIWARONGO

Op Otjiwarongo moes landdros Ivette Fredricks verrigtinge Dinsdag opskort toe chaos uitgebreek het weens burgemeester Gotlieb Shivute se nominering van me. Hilde Noreses tot die bestuurskomitee.

Die opposisie het kapsie gemaak omdat Noreses vroër vanjaar aan korrupsie skuldig bevind is.

Sy het ‘n boete van N$50 000 betaal vir omkopery by die ministerie van finansies op die dorp. Sy het sedertdien uit die staatsdiens bedank om op die dorpsraad te dien.

Mnr. Sebetius Guiteb, raadslid vir die LPM, sê: “Ons sal spesiale aanbevelings doen gebaseer op artikel 13 (1) (ii) wat sê dat iemand wat aan korrupsie en omkopery skuldig bevind is hul amp moet verlaat.” Hy sê die burgemeester moes reeds ondersoek na die kwessie ingestel het.

Volgens Guiteb is ‘n mosie deur die IPC vir haar verweidering eenparig aanvaar, maar weens gesondheidsredes het Noreses nooit in persoon voor die raad verskyn nie. “Maar sy is reg om haar ander raadspligte na te kom?” wou hy weet.

“Dit moet op rekord wees dat dit nooit ’n persoonlike aanval op ’n individu was nie, maar ons praat van beleidskwessies.” Volgens Guiteb kan enige lid van die bestuurskomitee finansies bestuur. “Hoe kan ’n persoon wie voorheen aan korrupsie skuldig bevind is op bestuursvlak dien?” vra hy.

“Hierdie kwessie trek klaar baie aandag vanaf die publiek en hierdie raad word as ’n mislukking beskou,” voer Guiteb aan.

Volgen hom behoort die kwessie voor 14 Desember opgelos te word, “sodat ons die kiesers met ’n skoon gewete kan dien”. Die raad sit egter eers weer op 3 Februarie 2022.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!