Tweya onttrek wetsontwerp voor tertafellegging
Tweya onttrek wetsontwerp voor tertafellegging

Tweya onttrek wetsontwerp voor tertafellegging

Estelle de Bruyn
Estelle de Bruyn - Die minister van inligting en kommunikasietegnologie, mnr. Tjekero Tweya, het Donderdag, sonder om enige redes te verskaf, 'n wetsontwerp voor tertafellegging teruggetrek.

Tweya het verlede week kennis gegee dat hy 'n wetsontwerp ter tafel sou lê wat die algemene raamwerk vir die gebruik van elektroniese transaksies in die staatsdiens en met private kontrakteurs sou gee.

Die wetsontwerp sou ook die wettige raamwerk vir elektroniese transaksies gee en voorsiening maak vir die voorlegging van elektroniese getuienis.

Dit sou ook beskerming bied vir verbuikers van elektroniese handelsdienste en die aanspreeklikheid van diensverskaffers vir die optrede van hul kliënte reguleer.

Beskerming sou ook aan belangrike data verleen word, sekere nuwe oortredings sou geskep word en magte vir die ondersoek van oortredings sou ingevolge dié wetsontwerp toegeken word.

Toe Tweya se beurt aanbreek om die wetsontwerp te motiveer, het hy bloot gesê dat hy die wetsontwerp ingevolge reël 30 B en D onbepaald terugtrek.

Kommentaar

Republikein 2025-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer