Twintig dood in selfmoordbomme
Twintig dood in selfmoordbomme

Twintig dood in selfmoordbomme

Niemand het nog na vore gekom om verantwoordelikheid te aanvaar nie, maar dié aanval toon na bewering die kenmerke van die militante groep Boko Haram.
Minstens 20 mense is dood in twee bomaanvalle die naweek in die noordooste van Nigerië, terwyl die dodetal tot 31 kan styg.

Twee selfmoordbomaanvallers het Saterdag in die dorp Damboa in die staat Borno toegeslaan, slegs ure nadat die weermaghoof 'n beroep op ontheemde inwoners gedoen het om huis toe te keer omdat die gebied veilig is, berig die BBC.

Inwoners sê minstens 31 mense is in Saterdagaand se aanval dood, terwyl talle beseer is.

Niemand het nog na vore gekom om verantwoordelikheid vir die aanval te aanvaar nie, maar daar word berig dat dié aanval die kenmerke van die ­militante groep Boko Haram toon.

Die weermag in Nigerië het verlede maand begin met 'n veldtog van vier maande om Boko Haram-oproer­makers uit die noorde van Borno en die gebied van die Tsjadmeer te dryf.

Meer as 40 mense is in hierdie aanvalle beseer. Dit was glo mense wat van die viering van Eid oel-­Fiter ­teruggekeer het, die Islamitiese fees wat die einde van die heilige vasmaand Ramadaan aandui.

Volgens die Verenigde Nasies (VN) het 1,7 miljoen mense al uit hul huise gevlug weens die konflik met Boko Haram, wat al nege jaar duur.

Damian Chukwu, polisiekommissaris in Borno, sê die getal sterftes kan toeneem omdat talle mense ernstig beseer is en dit dalk nie gaan oorleef nie, berig CNN.

Volgens die polisie blyk dit dat die bomaanvalle gekoördineerd was en gemik op die breër gemeenskap van Damboa. “Die aanvallers het plofstof, wat rondom die mark en huise in die gebied geplant is, laat ontplof om diegene wat nie die moskee binnegegaan het nie te kan tref.”

 - Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!