Twintigjarige hang homself in kerk
Misdaad
’n 20-jarige man is Saterdag gevind waar hy homself aan die Evangeliese Lutherse Kerk in Namibië (Elcin) in die Ekuku informele nedersetting se dak aan sy nek opgehang het.
“Volgens familielede het hy drie dae tevore vanaf Otavi gekom waar hy gewerk het en het vroeg opgestaan en gesê hy gaan na bure se huis, maar hy het nooit teruggekom nie,” lui die die polisie se misdaadverslag.
Sy liggaam is deur ’n verbyganger gesien en daar was volgens die polisieverslag nie ’n selfdoodnota gevind nie.
• ’n 64-jarige vrou se liggaam is Saterdag omstreeks 09:25 in haar huis in Hentiesbaai gevind. Volgens die polisieverslag word geen vuilspel vermoed nie.
TWEE MANS PLEEG SELFDOOD NÁ GEWELD OP HUL MEISIES
’n Polisiereservis het Vrydag by die Shinime Shiivula informele nedersetting in Ondangwa sy meisie drie keer geskiet en daarna homself in die kop geskiet.
Volgens die misdaadverslag is hy op slag dood en omstanders het met sy meisie na die hospitaal gejaag, maar Saterdagoggend het sy aan haar wonde beswyk.
• ’n 58-jarige man wat na bewering sy meisie met ’n mes gesteek en daarna gevlug het, het glo homself met ’n draad aan ’n boom opgehang.
Die voorval het Sondag omstreeks 01:30 by die Bloedrivier informele nedersetting in Koës plaasgevind.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie