Aandele-twis kan lei tot plaas se verkoop
'n Plaaslike professionele jagter sê 'n Suid-Afrikaanse sakevennoot het hom in 'n grondtransaksie om die bos gelei.
Catherine Sasman – 'n Namibiese professionele jagter, mnr. Kai-Uwe Denker, het die uitgerekte stryd verloor vir meerderheidsaandeelhouding in ’n maatskappy waardeur hy saam met 'n buitelander ’n plaas gekoop het.
Denker staar nou die vooruitsig van onteiening deur die staat of die verkoop van die plaas in eksekusie in die gesig.
Denker en 'n Suid-Afrikaanse burger, mnr. Michael Viljoen, het in 2012 saam die plaas Ameib in die Erongostreek gekoop. Aanvanklik was Denker die beherende aandeelhouer (51%) in Ameib Rhino Sanction, die maatskappy wat gestig is vir die aankoop van die plaas.
Toe die plaas op 22 Augustus 2012 aan die maatskappy oorgedra is, het hy nie meer die meerderheidsbelang gehad nie omdat hy ’n 1%-aandeel aan Viljoen oorgedra het. Denker het vir lank volgehou dat die aandeel onwettig en agter sy rug deur die Namibiese regsfirma Francois Erasmus & Vennote oorgedra is.
Hy het ook Viljoen daarvan beskuldig dat hy hom om die bos gelei het deur hom onder die indruk te bring dat die grondhervormingswet buitelanders toelaat om gelyke aandele te hê in ’n maatskappy wat landbougrond koop. So 'n ooreenkoms is egter net geldig as die minister van grondhervorming toestemming daartoe gee.
Die hooggeregshof het Woensdag 'n hoërhofuitspraak bevestig wat Denker se aansoek geweier het om die oordrag van die een persent in die Ameib Rhino Sanctuary aan Viljoen en sy Michael Viljoen Trust as onwettig en ongeldig te verklaar. Sy argument dat die oordrag aan die trust ongeldig is omdat dit ’n buitelandse geregistreerde entiteit is, is ook verwerp.
Viljoen het in sy teenaansoek gevra die hof moet die ministerie van grondhervorming beveel om ’n gedwonge verkoop van Farm Ameib op ’n openbare veiling te gelas of om die Ameib Rhino Sanctuary te likwideer weens sy beweerde onvermoë om sy skuld te betaal. Die hof se opdrag aan die ministerie van grondhervorming word ingevolge artikel 60 van die Landbou (Kommersiële) Grondhervormingswet van 1995 gedoen.
AGTERGROND
Volgens die uitspraak van die hooggeregshof het Denker en Viljoen in Julie 2010 ooreengekom om saam ’n plaas in Namibië te koop.
Denker het in sy hooggeregshofaansoek gesê hy en Viljoen het geweet daar is beperkings op die aankoop van plase deur nie-Namibiërs.
Hulle het ooreengekom om elkeen N$6 miljoen tot die koopprys van N$12 miljoen by te dra. Denker het toe op 'n veiling ’n aanbod van N$10,3 miljoen vir die plaas gemaak.
Beide het N$5,4 miljoen van die koopprys betaal en ’n rakmaatskappy, Bonsai Investment Eighty-Three (Edms) Bpk, gestig. Die naam is later na Ameib Rhino Sanctuary verander.
Denker het 51% van die aandele in dié maatskappy gehad en Viljoen die oorblywende 49%, in die naam van Cobbett Trust wat in die Isle of Man geregistreer is.
Die oordrag van die plaas het op 22 Augustus 2012 plaasgevind. Ná die oordrag van die een persent aan Viljoen het Denker teen daardie tyd nie meer meerderheidsaandeelhouding gehad nie.
Die verhouding tussen Denker en Viljoen het in 2013 verbrokkel omdat hulle dit nie oor die doel van die plaas en die aandeelhouding kon ooreenkom nie.
Die volgende reaksie deur Francois Erasmus & Vennote op hierdie berig is op Maandag 4 Desember 2017 gepubliseer:
Ameib-regsgeding: Prokureur vat Denker aan
Aantygings deur twee howe verwerp
Francois Erasmus & Vennote reageer met bewyse op klaer se volgehoue aantygings van onbehoorlike gedrag.
In die berig “Aandele-twis kan lei tot plaas se verkoop” in die uitgawe van Maandag 27 November 2017, is ‘n aantyging deur mnr. Kai-Uwe Denker gepubliseer dat die regsfirma Francois Erasmus & Vennote sy meerderheidaandeelhouding in Ameib Rhino Sanctuary onwettig agter sy rug aan ‘n vennoot oorgedra het.
Die feit van die saak is dat nie net die hoërhof nie, maar ook die appèlhof hierdie beweringe as ongegrond verwerp het.
Die appèlhof se uitspraak op 22 November 2017 het benadruk dat Francois Erasmus & Vennote vir Denker en sy Suid-Afrikaanse vennoot, mnr. Michael Viljoen, geadviseer het om ‘n 51/49-aandeelhouding ten gunste van Denker (‘n Namibiese burger) te behou.
Die oordrag van Denker se een persent om ‘n 50/50-verdeling te kry, was deur die maatskappy se ouditeure gedoen nadat Viljoen advies van ‘n ander, onafhanklike prokureur ontvang het dat dit toelaatbaar was.
Die hof het Denker se bewering verwerp dat Viljoen hom mislei het toe hy dit so aan hom oorgedra het. Die appèlhof het met hoërhofregter Shafimana Ueitele saamgestem dat Denker inderdaad die “argitek van die transaksie” was en dat hy nou probeer om beheer oor die maatskappy te bekom deur die aandeel terug te eis.
Francois Erasmus & Vennote het Denker en Viljoen gewaarsku dat die oordrag van Denker se beherende een persent aandeel aan Viljoen (‘n buitelander) in stryd sou wees met die Wet op Hervorming van Kommersiële Landbougrond van 1995.
Die wet het in daardie stadium bepaal geen buitelander mag ‘n beherende aandeel in landbougrond bekom nie. Indien ‘n buitelander dit wel wou doen, moes hy/sy by die minister ‘n aansoek vir toestemming indien.
Republikein vra onvoorwaardelik verskoning aan Erasmus en sy regsfirma vir enige skade wat deur die herhaling van Denker se aantygings veroorsaak is.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie