Twis oor bouwerk aan Afrika se hoogste gebou in Jhb
Hanlie Stadler – ’n Regstryd word nou gevoer oor The Leonardo in Sandton – die hoogste gebou in Afrika – wat bykans voltooi is.
Aveng, wat vir die oprigting van die gebou van 234 m hoog verantwoordelik is, en die ontwikkelaar, Seventy Five on Maude, beskuldig mekaar oor en weer van kontrakbreuk. Seventy Five on Maude is deel van die Legacy-groep.
In ’n Sens-verklaring sê Aveng hy is in kennis gestel dat Seventy Five on Maude sy kontrak repudieer. Indien daar geldige gronde vir repudiasie is, is geen skadevergoeding vir kontrakbreuk betaalbaar nie, maar dit lyk asof Aveng reken dat skadevergoeding aan hom betaalbaar is.
Aveng het in Oktober 2015 die kontrak van meer as R3 miljard gekry om dié gebou, ’n hanetree van die JSE en die Sandton City-winkelsentrum, op te rig. Dis ’n gebou met 254 luukse woonstelle, ’n ultra-luukse dakwoning van drie verdiepings, kantore op vyf verdiepings, verskeie winkels en restaurante en selfs ’n Montessori-kleuterskool.
Volgens Aveng is die projek die afgelope vyf jaar gekenmerk deur vertragings – en tientalle dispute oor wie se skuld dit is.
Aveng sê in sy Sens-verklaring die gronde wat Legacy vir die beëindiging aanvoer, is feitelik verkeerd en “ondeurdag”. Op sy beurt sê die konstruksiefirma dat Legacy kontrakbreuk gepleeg het.
Aveng gaan weens die beëindiging van die kontrak ’n konstruksiewaarborg van R87,4 miljoen moet oproep. Dit neem die vorm van ’n verband aan. Die firma oorweeg dit egter om skadevergoeding vir die repudiasie te eis.
Aveng sê die gebou is “prakties voltooi vir die doelwit van sy beoogde gebruik”.
Dis nie die eerste regsgeding oor kontrakbreuk waarby Aveng betrokke is nie. Hy het hom aan die begin van 2019 in ’n vennootskap met die Duitse firma Strabag aan ’n kontrak onttrek om die Mtentu-brug in die Oos-Kaap te bou. Force majeure – omstandighede buite die maatskappy se beheer – is aangevoer. Aveng het aangevoer dat die bouwerk onmoontlik gemaak is weens geweld en intimidasie deur plaaslike gemeenskappe wat op werk aangedring het.
Aveng het egter die hofsaak verloor, wat beteken dat die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) sekere waarborge in die kontrak kon oproep.
Die brug is 1 132 m lank en is deel van die N2-Wildekuspad-projek. Die totale waarde van die projek is R1,6 miljard. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie