Twis oor hervestigingsplase
Jeuggroepe is ontstig oor die toekennings van wild- en jagplase vir hervestiging.
Catherine Sasman - Aansoekers om hervestiging op die jagplaas Bonna No 230, ongeveer 150 kilometer buite Windhoek, het 'n klag oor die toekenning daarvan ingedien.
President Hage Geingob is ook versoek om in te gryp.
Die aansoekers, bestaande uit ’n groep jong Damaras, beweer hulle is “opsetlik uitgelaat" in die keuringsproses. Hulle eis dat die toewysing van die plaas aan Mudumu Tourism Safaris gestop word, terwyl hul klagtes deeglik ondersoek en oorweeg word.
Die klaers is van die /Gao, Tsomanin, Tsobanin, Daure, Tsoagau, Tsaio en /Goe-//An-gemeenskappe. Hulle het die maatskappy Bonna Hunting and Safari CC gestig en onder dié naam aansoek om hervestiging op die plaas gedoen.
In Augustus het die maatskappy sy sakeplan aan die evalueringskomitee vir hervestiging op wildplase in die ministerie van grondhervorming voorgelê.
Daarin is voorgestel die grond word pleks van landbou vir trofeejag, ekotoerisme en vleisverwerking gebruik.
Die besturende direkteur van die maatskappy, mnr. Elton Kahuika, het in die brief aan Geingob geskryf die plan bevat dokumente en aanhangsels, asook 'n brief ter ondersteuning van die Aru Game Lodge.
Kahuika het gesê ná die voorlegging het die voorsitter van die evalueringskomitee, me. Ndiyakupi Nghituwamata, versoek dat 'n sagte kopie daarvan op haar rekenaar afgelaai word, wat gedoen is.
Hy het gesê dit is nie verduidelik waarom Nghituwamata die sagte kopie van die sakeplan wou hê nie, en beweer dit het gelei tot “onregverdige manipulasie” van die hele evalueringsproses.
Bonna Hunting het in Oktober appèl aangeteken by die minister van grondhervorming, mnr. Uutoni Nujoma, dae ná 'n openbare aankondiging dat die wildplaas aan Mudumu Tourism Safaris CC toegeken is.
Die appèlaansoek is in ooreenstemming met die wet op landbou (kommersieel) van 1995, wat bepaal enige gegriefde groep kan binne 30 dae vanaf die kennisgewing 'n appèl by die grondtribunaal indien.
Bonna Hunting beweer hy het ander mededingende organisasies “oortref" .
OSEMA EN GUSINDE
Die grondtribunaal het in April aanbeveel dat die ministerie van grondhervorming skikkingsonderhandelinge met Chobezi Farming en Safaris aangaan oor die toekenning van die plase Osema No. 63 en Gusinde No. 176.
Die Chobezi-groep het die toekenning van dié twee wild- en jagplase in die Otjozondjupastreek aan Ovitoto Game and Hunting Safaris (Pty) Ltd betwis.
Hulle beweer Ovitoto Game and Hunting Safaris het nie om hervestiging aansoek gedoen nie en ook nie die hoogste punte in die evalueringsproses gekry nie.
Ovitoto Game and Hunting Safaris was saam met mnr. Tino en me. Hilde !Hanabeb met 56 punte derde. Oryx Gazella Investment was tweede met 75 punte en Chobezi het 65 punte gekry.
Die besturende direkteur van die Padfondsadministrasie (RFA), mnr. Ali Iipinge, besit 40% van Ovitoto Game and Hunting Safaris.
Die ander aandele behoort aan mee. Josephine Kasheeta (20%), mnr. Gabriel Mureti (20%), me. Erestine Tjiundje (10%), die Ovitoto-bewaringsgebied (7%) en me. Angelina Kanduvarisa (3%).
Die Ovitoto-bewaringsgebied het vroeër beweer dat hulle self vir die plase aansoek gedoen het. 'n Bewaringslid het beweer die voorsitter, mnr. Lisias Tjeripo Tjaveondja, het sonder lede se medewete 'n aandeelhouer-ooreenkoms met Ovitoto Game en Hunting Safaris aangegaan.
Ná aanbevelings van die grondtribunaal, het die Chobezi-groep voorgestel hulle moet oorweeg word vir hervestiging op 'n ander plaas van soortgelyke grootte in die omgewing van Osema en Gusinde.
Volgens mnr. Ricardo /Garoëb, ondervoorsitter van die Chobezi-groep, is daar nog nie 'n skikkingsooreenkoms bereik nie. Die ministerie van grondhervorming het aangedui hy sal die saak na die grondtribunaal terugverwys.
'n Ander toekenning was dié van die plaas Kaukurus No. 79 van 1 965 hektaar in die Omahekestreek aan die ministerie van geslagsgelykheid en kinderwelsyn.
Dié plaas is in Maart toegeken en in November oorhandig.
Me. Valencia /Uiras, uitvoerende direkteur in die ministerie, sê die ministerie beplan om 'n nywerheidskool vir straatkinders daarop op te rig. Sy het gesê die tipiese profiel van straatkinders is dat hulle nie basiese opleiding het nie. Ook dat hul ouers voorheen plaaswerkers was wat nou in stedelike gebiede woon en sukkel om ’n bestaan te maak.
“Landbou is een van die vaardighede wat by die skool onderrig sal word,” het sy gesê.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie