Twitter kry swart kol oor blou regmerkie
Twitter kry swart kol oor blou regmerkie

Twitter kry swart kol oor blou regmerkie

Pres. Donald Trump van Amerika beter hom nou mooi gedra, anders kan Twitter daardie blou regmerkie langs sy naam verwyder.
Tasneem van Rooyen - Die kitsboodskapdiens, Twitter, het in warm water beland oor die verifikasie van omstrede individue se Twitter-rekeninge.

Verifikasie – die blou regmerkie wat bevestig dat die rekening wél aan die bekende persoon behoort – gaan nou nie meer geplaas word langs die Twitter-naam van mense wat omstrede standpunte aanhang nie.

Ongeag hoe bekend jy is, as jy haatspraak pleeg of geweld aanhits, kan Twitter nou, sonder om jou in kennis te stel, die blou regmerkie verwyder.

Verifikasie is in 2012 op Twitter ingestel omdat talle mense hulle as bekendes voorgedoen het. Met ’n blou regmerkie langs die Twitter-naam kan jy nou seker weet dis die werklike Kim Kardashian of Bobby van Jaarsveld wat jy volg.

@TwitterSupport het oornag getwiet verifikasie is deur baie mense beskou as goedkeuring, wat nooit die bedoeling was nie.

Richard Spencer, ’n sogenaamde nasionalis en die organiseerder van die Unite the Right-betoging in Augustus in Charlottesville, Virginië, waarin drie mense dood is, is een van die eerste mense wat sy blou regmerkie verloor het. Hy is glo nie gelukkig daaroor nie, berig HuffPost.

Die probleem het vroeër in November spesifiek onder Twitter se aandag gekom ná kritiek nadat Jason Kessler, nog ’n rassis, ’n blou regmerkie ontvang het, berig USA Today.

Twitter het die toekenning van regmerkies vir eers opgeskort terwyl hulle werk aan ’n oplossing.

Hulle kyk ook na gebruikers wat reeds geverifieer is om seker te maak dat hulle binne die raamwerk van die beleid en gedragskode val. Die name van mense wie se verifikasie verwyder word, sal bekend gemaak word.

Vir eers blyk dit rassistiese Amerikaners te wees, onder hulle Spencer en Laura Loomer.

Donald Trump se Twitter-naam, @realDonaldTrump, spog nog met ’n blou merkie. Netwerk24/Bronne: Bloomberg, HuffPost, USA Today en Wikipedia

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!