Twitter spot met ‘bisarre’ borsbeeld van Ronaldo
Sokker
’n Internasionale lughawe is Woensdag na Cristiano Ronaldo vernoem, maar die onthulling van ’n borsbeeld van dié Portugese sokkerster was die groot gesprekspunt.
Ongeveer 5 000 jillende aanhangers was saam met Ronaldo, Portugal se eerste minister en die president teenwoordig by die lughawe in Madeira, die eiland waar Ronaldo gebore is.
“Om te sien dat die lughawe my naam dra, is baie spesiaal. Almal weet ek is trots op waar ek vandaan kom,” het Ronaldo (32) gesê.”
Hy was kaptein van die Portugese span wat verlede jaar die Europese kampioenskap verower het.
’n Borsbeeld is ook onthul van die Real Madrid-superster – een van die beste spelers van alle tye.
Maar behalwe vir die hare, wat redelik akkuraat uitgebeeld word, was gebruikers van sosiale media vinnig om die spot te dryf met dié beeld. Die meeste mense was dit eens dat die beeld glad nie soos Ronaldo lyk nie, met sommige wat dit as skokkend beskryf het.
“Eerlikwaar, ék lyk meer soos Cristiano Ronaldo as daardie borsbeeld,” het DiscoHobbit op Twitter geskryf.
Die BBC het die beeld as “bisar” beskryf.
Daar is reeds ’n museum en borsbeeld in Ronaldo se eer is sy geboortestad Funchal.
Hy volg in die voetspore van die Ierse legende George Best, wat ook die nr. 7-trui gedra het in sy tyd by Manchester United en waarna ’n lughawe in Belfast vernoem is.
Die Portugese span het Dinsdag sy eerste wedstryd in Madeira sedert 2001 gespeel en het met 2-3 teen Swede verloor.
Ronaldo het in die nederlaag sy 71ste doel vir sy land aangeteken om gelyk te trek in die derde plek met die Duitser Miroslav Klose op die lys van die voorste Europese doelvrate in internasionale sokker.
Die Hongaarse duo Ferenc Puskás en Sándor Kocsis is onderskeidelik eerste en tweede op die lys. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie