‘Two toned’-hemde en vellies in die VSA
Kristien Kruger – Afrikaners is ’n klomp goed. Ons is trots en ons is hardkoppig, maar ons is ’n klomp lekker mense met ’n donker sin vir humor en ’n groot liefde vir brandewyn.
Afrikaners is veral trots op ons tradisie, die Springbokke en dappere Susanna Smit. Ons trots meng net nie altyd so lekker met ons hardkoppigheid nie. Dit weerhou ons soms om vir hulp te vra en is baie keer die rede waarom ons nie sal erken wanneer ons ’n fout begaan het nie.
Sommige mense is te trots om te besef dat dit nie goed in ons land gaan nie. Dat korrupsie, ‘billike’ diskriminasie, misdaad en plaasmoorde besig is om mense se lewens te verwoes.
Ek en my verloofde het onlangs ’n groep Afrikaners hier in Houston ontmoet en baie van hulle het Amerika toe gekom omdat hul plase afgevat is en ander het aanvalle oorleef en onveilig in hul eie land begin voel.
Die meerderheid van hulle is Suid-Afrikaners en hoewel ek dalk ook maar net trots is, voel ek dat die haat tussen mense in ons buurland rampspoedig geword het. Namibië het meer vrede, dit wil sê vir nou.
Ek sê nie jy moet immigreer nie, maar moet nie die mense verkwalik wat gedwing word om ’n ander uitweg te neem nie. Dis nie maklik om jou land agter te laat nie.
Die mense wat ons hier ontmoet het, het ons vinnig onder hul vlerke geneem, omdat hulle weet hoe dit voel om ver van die huis af te wees – geïsoleer, eensaam en vol verlange. Dit die lekkerste ding om met iemand te gesels wat jou kultuur en geskiedenis verstaan. Iemand wat jou menswees begryp.
Iets is wel anders – dit is asof die feit dat ons almal so ver van die huis af is, ons nader aan mekaar bring, want ek het nog nooit dié soort vriendelikheid en omgee in ’n groep mense ervaar nie.
Verlede naweek, voor een van my verloofde se rugbywedstryde, het ek en ’n paar van die spelers se meisies en vrouens beplan om ’n paar drankies te drink en ietsie te eet voor ons ingaan - ‘tailgate’ soos dit na verwys word. Ek het geweet die Afrikaners wat ons ontmoet het, het ’n groep van sowat 30 Suid-Afrikaners genooi om die wedstryd te kom kyk, maar ek het nie gedink dat ek hulle so vinnig gaan opspoor nie.
Toe ons by die parkeerterrein inry, sien ek aan die ander kant ’n Suid-Afrikaanse en Springbok-vlag wat aan ’n bakkie vasgemaak is. Mens kon van ’n afstand af die boerewors ruik en die geselligheid aanvoel.
Ons het ná die wedstryd in die parkeerterrein, tussen die klomp bakkies, saam met almal gekuier. Elkeen met ’n Windhoek Draught in die hand. Die ooms, tannies en jongmense sokkie op Kurt Darren. Die vrouens praat hard en lag uitspattig. Die manne in two toned-hemde en vellies staan met hul bierpense na die vuur en vertel grappies.
In daardie oomblik het dit gevoel asof ek terug in my tuisland is.
Tussen geselsies deur hoor ons van ‘ouma Ragel’ wat melktert, koeksisters en beskuit vir almal maak en van al die plekke waar ons braaivleis en biltong kan kry.
Hulle vertel ons van die potjiekosgeleentheid waar honderde Afrikaners jaarliks bymekaar kom en die maandelikse Afrikaanse kerkdienste waar ds. Venter preek en almal na die tyd bly vir koek en tee.
Dit is die oomblik wat ek besef het, maak nie saak waar in die wêreld ons is nie, ons Afrikaners sal mekaar uitsoek en ons sal lekker makietie hou.
Dit sê baie van ons mense en nog meer van ons kultuur.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie