Tyd min om briek te trek
Dani Booysen - In sy vorige bydrae in dié rubriek het Dapperrerige Daniëltjie onderneem om die nuwe wetsontwerp op basiese onderwys aan te vat.
As die uitdaging van die Nasionale Vergadering se betwiste aanvaarding van die wet nie slaag nie, sal die Nasionale Raad hopelik ernstig oor dele daarvan herbesin. Geld moet ons nie daarop waag dat die NV van mening sal verander as die wet weer voor hulle draai nie.
As iemand wat self ‘n klompie jare in die onderwystuig was, hoop die skrywer ander in die onderwys sal begin saam praat eerder as om te swyg.
Mag die wat ore het, nie net hoor nie, maar luister?
Wanneer ons ons hond Albert (Alla), Gesin des Boois spot hy is ‘n kruisteling tussen ‘n Boston terriër en ‘n Gobabis Brahman, se ore kielie, staan dit kiertsregop. So lank soos koedoe-ore.
Ons hoop ons kielie hiermee ore wat saak maak . . .
Veiligheidshalwe wil ek by voorbaat vir agbare Tannie Katrina Hanse-Himarwa sê ek is nie ‘n “Koevoet” nie. (Die uwe is uit die klas van ’89, toe oproepinstruksies op die vooraand van vrede en vryheid herroep is.)
Onderwys is een van warmste stoele in die kabinet – met rede. Omdat ‘n land se welsyn en welvaart grootliks van goeie opvoeding afhang.
Laat ons nie die baba saam met die badwater uitgooi nie. Die wetsontwerp bevat baie goeie komponente, maar . . .
OORGEWIG
Dié wetstuk is lywig! Byna 100 bladsye – die rede hoekom wat ons “maar net” hier wil sê nie binne die normale woordperk moontlik is nie.
Soveel vir die belofte van meer burger- en leesvriendelike wetgewing . . . Dit verg kophou en deurdruk om deur die swaargewig gedoente te kom.
‘n Mens moet saamstem dat dat groot dele van die wetsontwerp eerder in regulasies uiteengesit kon word. Vir ‘n wet – wat ideaal basiese beginsels moet anker, is daar lyste en lyste fyn besonderhede, byvoorbeeld oor skorsing (basies net moontlik as ander kinders se lewens bedreig word), stappe vir skole wat wanpresteer, pligte van skoolrade, voorsitters van skoolrade, skoolhoofde, ensovoorts, en dies meer, ad in finitum.
Gaan sulke wetlike mikrobestuur sake wat klaar nie vlot nie regruk? Nie sonder die regte mense in die regte posisies nie.
DIE GELDSWAARD
Weens besuiniging kry skole bitter min van die regering. Inteendeel, sekere skole het vanjaar – dit is November – nog nie ‘n dooie duit ontvang nie.
Dapper is een van daardie ouers wat ook nie wil hê sy seun moet van deur tot deur loop om kaartjies vir die skool te verkoop nie. Hy is wel bereid om self ‘n lootjie te koop, of ‘n boekie as dit die maand goed gaan.
In sy huidige vorm gaan die wet dit bitter moeilik – en selfs onwettig vir ‘n skool maak om op bestaande maniere geld in te samel.
Verpligte bydraes deur ouers is in alle vorme taboe, behalwe vir koshuisgelde. En geen optrede is moontlik teen ouers en hul kinders wat nie vrywillige bydraes wil maak nie.
Skoolhoofde is wetlik verplig om die hele leerplan en al hul ander take uit te voer – sonder geld. Verwag meer bedankings en minder mense wat die werk wil doen.
Tog moet skoolrade alle redelike stappe doen om die staat se geld aan te vul. Staatsbydraes mag van skool tot skool verskil.
Maar geen skoolraad mag aktief donasies en skenkings werf nie. Bid jou aan!
Skooleiendom mag wel aan besighede verhuur word. Aitsa!
Die Staatsdienskommissie se toestemming sal nodig wees om enige bykomende voordele aan onderwysers te bied.
Om enigiets “ekstra” te doen, moet ‘n skoolraad vooraf toestemming kry, hoewel die minister darem in die Staatskoerant ook toelaatbare “ekstra” werk kan beskryf.
Geen geld mag in trust gehou word nie en fondse wat oor jare, dekades en selfs langer in trustrekeninge versamel is, moet daaruit losgemaak word.
Hoekom so ‘n beletsel? Trustees is weens ander, bestaande wetgewing reeds aan streng pligte en voorskrifte onderhewig.
Ná gesprek met die finansminister kan die ministerie norme en standaarde vir die voorsiening van hulpbronne aan skole en vir infrastruktuur vasstel. Wat regeringsbronne betref, kan die norme kan van skool tot skool verskil.
Die term “waar redelik moontlik” word wyd gebruik om die regering se pligte te kwalifiseer.
Die minister moet ook elke redelike poging aanwend om skole van basiese noodsaaklikhede soos skuiling, water, kos, elektrisiteit en goeie sanitasie te voorsien.
Dit terwyl Stad Windhoek net die ander dag alle skole in die hoofstad se water en krag wou sny . . . Dit was seker nie “redelik moontlik” om rekeninge meer gereeld te betaal nie?
Foto’s van vervalle en selfs onbewoonbare skoolkoshuise verskyn gereeld in die media.
ROTTANGS EN WORTELS
Strafmaatreëls – teen skole, hoofde en onderwysers – is ‘n beduidende aspek van die wetsontwerp.
Die indruk is dat die spreekwoordelike rottang (lyfstraf en ander vorme van ontoelaatbare tug word baie duidelik omskryf) belangriker as die wortel voor die neus is.
As ‘n rapport teruggehou word, is dit ‘n boete van N$5 000 of ‘n jaar se tronkstraf. En ‘n dissiplinêre verhoor as jy vir die staat werk.
Dapper kon egter geen strawwe raaklees vir senior bestuurders in onderwys se streeks- en ministeriële strukture wat nie hul pligte nakom nie. So as skole nie betyds of enigsins boeke en ander bronne ontvang nie, is dit maar daarnatoe. Dis net een voorbeeld.
Ouers se pligte word in fyn besonderhede gelys, maar hoe gaan dit afgedwing word? Die blote feit dat dit, soos deursoekregte om bomme, wapens en dwelms van skoolgronde weg te hou, deel van ‘n wet is, weerspieël in hoeveel gevaar goeie, “outydse” gemeenskapswaardes verkeer?
Enigiemand wat verhoed dat ‘n kind skool gaan, sal wel ‘n boete van N$20 000 opgelê kan word of vir twee jaar tjoekie toe gaan.
Die minister kan met administratiewe direktiewe nóg eise aan ouers en alle ander rolspelers stel.
Leerlinge jonger as 16 wat ‘n skoolmeisie swanger maak sal aan relevante owerhede onder relevante wetgewing gerapporteer word en skuldige onderwysers sal in terme van die Staatsdienswet aangekla word. Verpligte, kriminele vervolging word nie gemeld nie.
ALLES EN NOG WAT
Vanaf graad 7 sal leerlinge – nie net prefekte nie – op skoolrade verteenwoordig moet wees.
In die naam van die oordrag van bestuursvaardighede, deelnemende bestuur, verantwoording en deursigtigheid.
Wat? Daantjie hoor meer konserwatiewe onderwysers en ouers se asems wegslaan.
Skole sal ook baie versigtig oor huidige ontgroeningsmetodes moet nadink.
Vir tuisskoling sal ‘n ouer die minister se persoonlike toestemming nodig hê.
Wat privaat skole betref, is dit verstaanbaar dat daar ‘n mate van oorsig moet wees en streng reëls om “flaai-baai-naait’s” te ontmoedig. Maar hoekom dit oordrewe moeilik vir bona fide, voornemende privaat skole maak om op die been te kom en vir bestaandes om na ander streke uit te brei?
Private en ander vorme van onderrig is nie vyande van staatsonderrig nie en lewer ‘n noodsaaklike bydrae tot die hele land.
Inspekteurs gaan nou “kwaliteitversekeringsbeamptes” word wat op eie inisiatief hul werksgebiede moet deurkruis. Is daar nie in gevalle reeds ‘n gebrek aan inisiatief nie? En wat as so ‘n beampte nie die nodige inisiatief openbaar nie?
Nog ‘n voorbeeld van hoe die ysterhand van bo skole se daaglikse doen en late sal bepaal: Geen persoon, burgerlike organisasie, geestelike organisasie, privaat besigheid of enige ander liggaam mag “dienste” aan ‘n skool of sy leerlinge verskaf sonder dat die permanente sekretaris vooraf skriftelik die jawoord gegee het nie.
Sekere magte kan hul tot misbruik leen?
‘n Streekdirekteur kan byvoorbeeld ‘n skoolraad vir drie maande tot ‘n jaar van hul pligte onthef en met ander individue vervang op “redelike gronde”.
In wetgewing mag ons natuurlik droom. Soos dat die staat elke kind vanaf die ouderdom van drie jaar tot hul agt is van verpligte en hoogstaande voorskoolse sorg en onderrig sal voorsien . . .
En gesondheidsdienste – waar dit ewe benoud as in die onderwys gaan – sal na alle skole uitgebrei word.
Kry die wet. Lees dit. En roep ons wetgewers tot verantwoording.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie