Tyd om te gee en tyd om te neem
Tyd om te gee en tyd om te neem

Tyd om te gee en tyd om te neem

DIS weer Vrydag en tyd om te skinder, altans vir die mense op straat wat graag die gewilde rubriek lees. Hier word mos net die waarheid gepraat en dit maak soms seer, dit maak sommige mense kwaad, ander groen van jaloesie. 'n Suid-Afrikaanse koerant berig dat die Super-14 opwarmwedstryd in Windhoek tussen die Bulls en die Lions se kaartjies soos soetkoek verkoop. Dit voordat die kaartjies in Namibie te koop is, want selfs die prys daarvan is nog nie vasgestel nie.

Vrypostig weet ons manne by die Namibie Rugby-unie (NRU) het al 'n stel of twee afgetrap met rugbykaartjies, maar die manne het sekerlik geleer na verlede jaar se Wereldbeker en sal hulle nie gou we er in so 'n skandaal begewe nie. Die waarskuwing van President Pohamba en die Minister van Sport, mnr. John Mutorwa, behoort daarvoor te sorg. Die kaartjies sal glo vanaf volgende Vrydag te koop wees, so plaaslike rugbyvrate kan dan hul sitplekke begin opraap om die Bulls en die Lions met al hul Wereldbeker Bokke in aksie te sien.

Hoe dit ook sy, talle dinge loop verkeerd en moet aangespreek word. Daar is 'n tyd om bymekaar te maak en daar is tyd om uit te gee. En dit smaak vir ons die uitgeeslag het nou begin by die Namibiese Sportkommissie. Die vorige kommissielede het van meet af baie hard gewerk om Namibiese dollars bymekaar te maak en in 'n neseier te spaar vir sportontwikkeling en om spesifieke sportfederasies te ondersteun wat die land op internasionale vlak verteenwoordig dat daar darem so ietsie is om paaie vir die atlete oop te maak.

Maar nou ja, skaars was die nuwe Sportkommissie in posisie, of hulle rig hul mooi blink paleis in Eros op. Vrypostig wonder maar net vir wie hulle beindruk, want sport in die land is die afgelope jaar oftwee nie op 'n gesonde voet nie. Dis nou bo blink en onder stink in die ware sin van die woord. Die paleis staan daar, daar kan gespog word met die pragtigste fasiliteite, maar wat die sport betref, veral die hantering van sport en die dissiplinering van sportkodes, insluitend die indien van verslae van internasionale toere, finanaiele state en nakoming van reels, het bitter min gekom.

Daar is al baie geskryf oor die tekorte, die swak hantering van sportkodes deur die Sportkommissie, en die voortrekkery van sommige sportkodes. Kyk maar terug na verlede Sondag toe die nasionale rolbalspanne vir mans en vroue die land verlaat het om mee te ding aan die wereldkampioenskap in Nieu-Seeland. Nie een van die "Wit Huis" se grates was daar om die manne en vroue voorspoed toe te wens nie.

Dalk bang die mense vra geld om op die vliegtuig te klim? Julle weet teen die tyd dat Vrypostig soos altyd sy plig doen om sy ore gespits te hou. So het dit tot ons ore gekom dat die rolbalspelers oudergewoonte maar weer diep in hul sakke moes krap om die toer na Christchurch mee te maak. Die aansoek om geldelike steun is toeka al by die Sportkommissie ingedien, maar tot nou het die rolbalmense nog geen terugvoering gekry nie.

Daar was skimpe van "ons sal kyk wat julle daar anderkant doen en dalk die helfte van die onkoste bydra". Nou vra mens is dit reg, is dit regverdig, behoort dit so te wees? Besluit julle maar self, maar iewers is 'n verkeerde beeld wat uitgedra word en baie mense ongelukkig maak. As die Sportkommissie die hoogste uitvoerende sportliggaam in die land is, dan wonder 'n mens aan wie moet hulle verantwoording doen, want hulle werk met die belastingbetaler se geld.

Nommer een aan die Minister, nommer twee aan die sportfederasies waarvan daar omtrent 48 is. Dus, op 'n algemene jaarvergadering moet die Sportkommissie die voorbeeld stel en geouditeerde finansiele state voorle aan federasies en dit moet goedgekeur word op die algemene jaarvergadering.

Het dit al gebeur dat sportfederasies so 'n finansiele verslag van die mense by die "Wit Huis" kry? Want die verenigings moet elke jaar hul geldsake en state oorhandig, anders .... Nou wonder mense maar net of die Untouchables nie op die fi n anai ele komitee van die Sportkommissie dien nie, want atletiek het die afgelope jare nie geouditeerde state ingehandig nie. Dit is nogal vreemd dat die Sportkommissie nie ingryp nie, maar net af en toe dreig met "sperdatums".

Dit laat mense wonder of The Untouchables nie agter die skerms die bevele uitvoer nie? Atletiek in Namibie hou vanjaar sy tweede gedenkdiens sedert die sport se "afsterwe" in 2006. Vrypostig is egter verseker dat die geraamtes sal kom spook by die opening van die Olimpiese Spele later vanjaar in Beijing. Kyk, 'n soustrein na China is mos nie iets wat misgeloop mag word nie.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!