Tyd u00f3u00f3rryp
Tyd u00f3u00f3rryp

Tyd óórryp

Dani Booysen
'n Berig oor die hoërhof se tydelike herstel van 'n gay man se inwoningsregte nadat hy by die Ngoma-grenspos uit die land geboender is, het die afgelope twee dae 'n stortvloed van homofobiese kommentaar op Republikein se Facebook-blad ontketen.

Soortgelyke berigte het tevore dieselfde reaksie opgelewer.

Volgens sommige is die gebeure nie nuus nie. Die suggestie is Republikein moes dit ignoreer of in die binneblaaie versteek het.

Ons sal nie.

'n Eietydse, demokratiese koerant mag nie 'n agent word van enige vorm van diskriminasie nie. Hetsy openlik of bedek. Van ons lesers is nie minder belangrik of minder mens as ander nie. Net soos Namibiërs met verskillende agtergronde en voorkeure nie mindere burgers met minder regte as ander kan wees nie.

Eerder as om individue persoonlik toe te takel en te verdoem, gaan dit oor groter beginsels. Die wyse waarop al die aansoeker se dokumente, ná 'n telefoonoproep na Windhoek, deur 'n beampte by 'n grenspos ongeldig verklaar is, kan enigeen te beurt val. Jy hoef nie gay te wees nie.

Die tyd is óórryp vir Namibië om oor die status van selfdegeslagverhoudings en –huwelike te besluit. Verskeie sake hieroor wag op verhoor. Sommige sloer al jare.

Sloerdery kan nooit 'n antwoord wees wanneer dit kom by basiese regte wat alle aspekte van mense se lewens en hul waardigheid raak nie.

Godsdienstige konserwatisme kan 'n opdraende stryd verwag in die konteks van Namibië se progressiewe, sekulêre grondwet.



So sê ander

22 Januarie 2020



As net iets kom van praatjies ná ANC se lekgotla



Die insiggewende insigte waartoe die ANC op die lekgotla van sy nasionale uitvoerende komitee (NUK) gekom het, is nie vuurpylwetenskap nie, maar hopelik vir die bewindsparty tog wel 'n deurbraak. As daar nou net iets van kom.

Van belang is dat die party glo vir 'n slag uit een mond gepraat het. En dat pres. Cyril Ramaphosa, as ANC-leier, met sy keuse om self regstreekse terugvoering aan die media te gee, die gaping vernou het vir ander breedsprakiges in sy veelkoppige party om hul weergawe van die naweek se verrigtinge te laat deursypel. Nietemin kan die beeld van eenheid wat voorgehou is, met 'n knippie sout geneem word.

Van die waarhede van Ramaphosa (in sy mediasessie en nuusbrief) is dat kaderontplooiing moet end kry, 'n doeltreffende staatsdiens deur die aanstelling van kundiges opgebou moet word, inmenging in staats­ondernemings moet staak en 'n doeltreffende staat en plaaslike regerings vir beter dienslewering gevestig moet word.

Ongelukkig is dit 'n lang reis van sê na doen. En teenstand van vakbonde en ondermyning deur eie magsdrywers kan te wagte wees.

Suid-Afrika is nie 'n volslae mislukte staat nie, maar hef aan lê voor om rampspoed af te weer.• NETWERK24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!