Tyd vir al daai jazz!

Lloyd Zandberg
Die jaarlikse Windhoek-jazzfees is hier en opgewondenheid oor hierdie bekende musiekgeleentheid is tasbaar.

Met beide internasionale en plaaslike kunstenaars wat vanjaar se fees bywoon, gaan dit weer eens ‘n uithalergeleentheid wees.

Die fees vind môre by Onafhanklikheidstadion in die hoofstad plaas.

Kaartjies vir die fees is aanlyn by Computicket teen N$250 per persoon beskikbaar.

Onthou om jou kampstoel, koelboks en kombersie saam te neem.

Geen alkohol, ys of wapens word op die feesterrein toegelaat nie. Hier volg die volledige lys kunstenaars wat vanjaar by die fees te sien gaan wees:

Zonke is ‘n Suid-Afrikaanse Afro-soul en R&B-sanger, en sy loopbaan is vol regstreekse optredes.

Dié sanger en liedjieskrywer het 'n aantal multiplatinum albums vrygestel en haar konserte is gereeld uitverkoop.

Zonke het haar sesde album, genaamd L.O.V.E, vrygestel. Dit staan vir “Living Out Various Emotions" en sy sal van hierdie snitte tydens die jazzfees met die gehoor deel.

Internasionale kunstenaars

The Soil is 'n Suid-Afrikaanse a cappella-groep wat uit die drie lede, naamlik Buhlebendalo Mda, Luphindo Ngxanga en Ntsika Fana Ngxanga bestaan. Hul musiekstyl word as Kasi soul, 'n eietydse township-styl, beskryf, wat 'n eklektiese mengsel van jazz, hip-hop, Afro-pop en Afro-soul is.

Catarina Duarte het al op verhoë wêreldwyd opgetree en bring 'n multikulturele verskeidenheid van wêreldmusiek verhoog toe.

Plaaslike kunstenaars

Sedney Haufiku is 'n sanger, liedjieskrywer en kitaarspeler. Sy musiekloopbaan het in 1996 begin toe hy in die Mascot Coastal Youth Choir begin sing het. Die koor het oorsee in lande soos Portugal, Duitsland, Frankryk, Spanje en Kanada opgetree.

Lize Ehlers word "The Voice of Namibia" genoem danksy haar veelsydigheid en emosionele vertolking van liedjies.

Sy het al talle toekennings gewen, waaronder die toekenning vir beste regstreekse vertonings by 2016 se NAMAs.

Percival Anthony Rinquest is al vandat hy 13 is 'n musiek-ambassadeur vir Namibië, wat sy land in Suid-Afrika en die VSA verteenwoordig in die R&B en pop-kategorieë.

Hy het al by verskeie liefdadigheids- en ander musiekgeleenthede opgetree.

Damas Fusion is 'n dinamiese Namibiese Afro-jazz-kunstenaar en maak al vir meer as ‘n dekade musiek.

Elemotho is die enigste Namibiese musikant wat die 2012 RFI-France 24 Discoveries-toekenning in 2012 uit meer as 500 kunstenaars in Afrika, Indië en die Stille Oseaan gewen het.

Hy het al die verhoog met kunstenaars soos Hugh Masekela, UB40, Eryka Badu en Johnny Clegg gedeel.

Sigera Jazz Band is 'n jazzgroep wat uit ses lede bestaan.

Dié groep het goue treffers, wat wissel van fusion jazz, pop, ballroom en Mbaqanga.

Kommentaar

Republikein 2024-11-15

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 31° Rundu: 20° | 34° Eenhana: 21° | 34° Oshakati: 23° | 33° Ruacana: 20° | 30° Tsumeb: 21° | 33° Otjiwarongo: 20° | 31° Omaruru: 25° | 34° Windhoek: 20° | 31° Gobabis: 21° | 33° Henties Bay: 16° | 24° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 23° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 22° | 38° Aranos: 23° | 36° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 20° | 34° Lubumbashi: 18° | 33° Mbabane: 16° | 31° Maseru: 14° | 30° Antananarivo: 13° | 32° Lilongwe: 19° | 32° Maputo: 19° | 33° Windhoek: 20° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 27° Johannesburg: 16° | 29° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 19° | 29° Harare: 16° | 26° #REF! #REF!